Polisie vorder geensins in Durbanse moorde vanuit voertuie nie

Gister is die broer van 'n Durbanse taxibestuurder geskiet terwyl die polisie erken het dat hulle geen vordering maak in die reeks van ten minste 15 gevalle van skietery uit voertuie in een voorstad waarin 16 mense dood en 14 beseer is oor die afgelope drie jaar nie.

Lees verder: Polisie vorder geensins in Durbanse moorde vanuit voertuie nie

MDC word gedruk om Mugabe-presidentskap te aanvaar

Volgens die Londense koerant The Guardian, word Zimbabwe se opposisieparty, die Beweging vir Demokratiese Verandering, tans aan intense druk onderwerp deur ander Afrikaleiers om Robert Mugabe toe te laat om as president aan te bly.

Lees verder: MDC word gedruk om Mugabe-presidentskap te aanvaar

Vrystaatse ondernemings ontvang munisipale dagvaardings

Volgens 'n prokureur wat 'n distriksmunisipaliteit naby Welkom in die Vrystaat verteenwoordig, André Podielski, word dertien duisend ondernemings in die provinsie tans gedagvaar vir onbetaalde staats- en munisipale heffings op hul besighede.

Lees verder: Vrystaatse ondernemings ontvang munisipale dagvaardings

Drastiese afname in voornemende studente aan die Vrystaatse universiteit

Volgens syfers wat deur die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat bekendgemaak is, is daar tans 'n drastiese afname in aansoeke om aanstaande jaar aan die Universiteit van die Vrystaat te gaan studeer. In sommige vakgebiede het aansoeke met meer as 70% verminder teenoor aansoeke in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.

Lees verder: Drastiese afname in voornemende studente aan die Vrystaatse universiteit