Ermelo se rugbydag eindig in vuisgevegte

'n Rugbywedstryd by Hoërskool Ermelo teen Hoërskool Genl. Hertzog van Witbank het Saterdag tot 'n vuisgeveg gelei waarin ouers, onderwysers en leerlinge betrokke was.

Dié geveg het die rugbydag wat daar gehou is ontsier, volgens die dagblad Beeld.

'n Ermelo-speler het glo na 'n swart speler van Hertzog as 'n "kaffer" verwys na afloop van die kragmeting. Ermelo het die wedstryd net-net gewen en die spanning het hoog geloop met die eindtelling van 18-15.

Daarna het die Herzogspeler 'n hou geplant en die gort was gaar soos die groen baadjies van Ermelo glo op die veld toegesak het 

Ermelo het in die doodsnikke van die tweede helfte met 'n skepskop gewen.насосного оборудованияtopcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae