Die finansiële vakbond Sasbo wat by Cosatu geaffilieer is, het die verhoging as futiel beskryf en gesê dit sou nie petrol en voedselprysinflasie bekamp nie.
Volgens Shaun Oeschig, die algemene sekretaris van Sasbo, is die huidige hoë inflasievlakke grootliks aan buitefaktore toe te skryf wat buite die Reserwebank se beheer is.
Die vakbond Solidariteit het insgelyks die rentekoersverhoging as 'n groot fout beskryf wat toon dat Tito Mboweni uit voeling met die Suid-Afrikaanse werklikheid verkeer.
