ANC-lede bedank in Wes-Kaap

'n Groep ontevrede senior lede van die ANC in die Wes-Kaap het hulle bedanking uit die party aangekondig. Hulle sluit die leier van die ANC-koukus in Kaapstad se stadsraad, Mbulelo Ncedana, en die voormalige burgemeester van Saldanhabaai, Onel de Beer in. jackpot slotsлобановский харьков класс

Lees verder: ANC-lede bedank in Wes-Kaap

Mugabe swig

Zimbabwe se President Robert Mugabe gaan moontlik terugkrabbel oor die toekenning van sleutelministeries aan sy Zanu-PF party om die magsdelingsooreenkoms met die opposisie te red. Die staatsbeheerde Heraldkoerant haal 'n Zanu-PF beampte aan wat sê soos die partye mekaar begin vind en kompromieë aangaan, kan daar ter wille van vordering, veranderings aan die lys van ministeriële toekennings gemaak word.

Lees verder: Mugabe swig

Nog ‘n kinkel in dronkregtersaak

Image

Regte Motata

14:56:18 Die hof het in die saak van dronkbestuur teen Regter Nkola Motata vir duidelikheid gevra oor die mediese toestand van die getuie wat sê hy ly aan geheueverlies en dat 'n ongeluk sy vermoë om te getuig, aangetas het.

Lees verder: Nog ‘n kinkel in dronkregtersaak

Obama bly koelkop onder aanvalle van McCain

Image

John McCain

14:27:36 Senator John McCain het op Woensdagaand ‘n wonderwerk nodig gehad in sy finale debat met Barack Obama, een wat die agterstand wat hy tans in die stemme het kan uitwis en sy veldtog weer nuwe lewe kan gee.

Lees verder: Obama bly koelkop onder aanvalle van McCain

Rand daal tot R11 per dollar

10:00:11 As gevolg van dalende wêreldbeurse, het die rand oornag tot byna R11 per dollar verswak. Vroeg vanmore is die rand deur banke op R10,84 per dollar gekwoteer. Teen die euro verhandel die rand teen R14,48 en teen die Britse pond staan die rand op R18,68.

Goud is ook laer op $842,30 per fynons.

Lees verder: Rand daal tot R11 per dollar