Wat wel gebeur het is nie die wonderwerk nie, maar die verskynsel dat hy sy teenstaander aangeval het, soos wat die publiek gehoor het.
McCain se aanvalle was baiekeer direk, en soms ook in sarkasme verskans, maar nie eenkeer het hy dit reggekry om Obama van stryk te bring nie. Obama het deurgaans koelkop gebly en kalm antwoorde gegee.
McCain se aanvalle het gewissel van Obama wat belasting op Jou die loodgieter gaan verhoog tot by die feit dat hy (Obama) nie genoeg reis nie. Dit komende van ‘n man wie se kandidaat vir visepresidentskap eers verlede jaar haar eerste paspoort gekry het.
Maar McCain was ook baie op die verdediging uit in die debat, ingesluit hierby was die mense wat die saamtrekke van hom en Sarah Palin bygewoon het, wat minder mooi goed geskree het toe Obama se naam genoem is.
McCain het dit gestel dat hy trots is op die mense wat na hulle saamtrekke toe kom, en dat hulle patriotiese burgers van die land is.
Obama se reaksie was deurgaans kalm.
Hy het gereageer deur te sê dat hy nie omgee om vir die volgende drie weke aangeval te word nie, maar dat die Amerikaners nie kan bekostig om met nog vier jaar van foutiewe finansiële beleid kan saamleef nie. In sy spreekbeurte het hy nie eenkeer van sy plan afgewyk nie.
Die grootste impak wat Obama gemaak het in die drie presidensiële debatte was nie dit wat hy gesê of nie gesê het nie, maar die beeld wat hy uitgedra het. Obama het nie ingepas in die beeld wat McCain hom in wou plaas nie.
“Wanneer mense sê dat ek met terroriste vriende is, praat ons nie van geldige punte nie”, het Obama gesê.
Die grootste beeld wat McCain uitgedra het was ‘n sigbaarheid. In die eerste debat het hy geweier om na Obama te kyk. In die tweede debat het hy Baie op die verhoog rondgeloop en is die laaste een het hy baie geskryf terwyl Obama gepraat het, en andersins ‘n smalende reaksie getoon op wat Obama gesê het.
Bob Schieffer, die moderator van CBS, het gereeld uitdagende vrae gevra wat nie altyd verdienstelike antwoorde gekry het nie.
Op ‘n vraag aan albei manne oor hoekom die land beter daaraan toe sal wees as hulle vennote die land sal lei, het Obama gesê dat Joe Biden dieselfde kernwaardes as hy deel. McCain het weer gesê Sarah Palin ‘n hervormer is wat die party verenig.
McCain het gereeld terruggeval op die republikeinse kernpunte, en ook gereeld vir Obama beskuldig dat hy welvaart vir versprei, wat natuurlik sal goed klink vir mense wat nie ryk is nie.
Die een onderwerp watMcCain nie geopper het nie is die van eerwaarde Jeremiah Wright. Klaarblyklik die een lyn wat hy nie gewillig is om oor te trap nie.
Dit wil voorkom of McCain steeds nodig het dat Obama ‘n groot flater maak, wat hom (Obama) na die meer riskante keuse van die twee sal laat lyk. Ongelukkig vir McCain het Obama nie dié fout Woensdag gemaak nie.
Obama het gesê dat die grootste risiko wat nou geneem kan word is om dieselfde beleidsrigtings wat in die laaste agt jaar as foutief bewys is vol te hou.
Hoewel die stryd nog nie oor is nie, sal dit nie wys wees om McCain nou al af te skryf nie, aangesien daar nog drie weke oor is, en in politiek kan baie gebeur in so kort tyd.
