Nog ‘n kinkel in dronkregtersaak

Image

Regte Motata

14:56:18 Die hof het in die saak van dronkbestuur teen Regter Nkola Motata vir duidelikheid gevra oor die mediese toestand van die getuie wat sê hy ly aan geheueverlies en dat 'n ongeluk sy vermoë om te getuig, aangetas het.

Metropolisiebeampte Daniel Madibo was op die toneel op 6 Januarie 2007 toe Motata, wat na bewering dronk was, met sy Jaguar in die muur van 'n eiendom in Hurlingham vasgery het. Madibo het gesê die hof moet daarvan kennis neem dat daar baie dinge is wat hy nie kan onthou nie.

Hy sê hy was in Desember dieselfde jaar self in 'n ongeluk betrokke en was 8 maande in die hospitaal. Hy het twee maande gelede eers teruggekeer werk toe en het 'n doktersertifikaat waarin bevestig word dat hy breinskade opgedoen het.  

Die advokaat vir die verdediging, Danie Dorfling, het vroeër gedurende kruisverhoor die teenstrydighede in Madibo se getuienis uitgewys. Landdros  Desmond Nair  het beveel dat die hof verdaag sodat Madibo die doktersertifikaat en ander mediese dokumente wat sy toestand bevestig, kan voorlê.

Vroeër is 'n hofordonnans uit die hof verwyder omdat hy na bewering die feite van die saak tydens 'n pouse met Madibo bespreek het. Nair het gesê wanneer die saak op 22 Oktober hervat word, sal twee nuwe hofordonnanse ingebring word en ondersoek na die huidige ordonnans ingestel word.

live casino demoОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae