AfriForum teleurgesteld oor Naas Botha

15:04:37 Die burgerregte-inisiatief AfriForum het sy teleurstelling uitgespreek met Naas Botha se uitlating in die media dat “as hulle die Springbok wil skiet, moet hulle dit nou doen en klaarkry.”

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die Springbok-tradisie 'n groot rol gespeel om Botha as rugbylegende te help vestig en sou 'n mens verwag dat iemand soos hy nie voor politieke druk van radikale elemente soos Butana Komphela moet swig nie.

“Botha verdien vandag groot geld as rugby-aanbieder op die rug van die Springbok en nou is hy nie bereid om die hand wat hom voed in beskerming te neem nie,” het Kriel bygevoeg.

Kriel het ook aangedui dat AfriForum nie die stryd vir die behoud van die Springbok gewonne sal gee nie.  Volgens hom het AfriForum reeds 'n regsopinie van 'n senior advokaat aangevra om die nuwe Sportwet ongrondwetlik te laat verklaar.  Dit is volgens Kriel nodig omdat dit juis die nuwe Sportwet is wat dit vir elemente wat buite rugby staan, moontlik maak om polities in te meng in rugby se sake en van die Springbok ontslae te probeer raak.  “Die Springbok is 'n geregistreerde handelsmerk van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie en inmenging om dit te verwyder, sal op onteiening neerkom,” het Kriel gesê.

playлобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae