Swart mense is hul eie grootste vyand

Swart mense is hulle eie grootste vyand, het Lot Ndlovu, president van die Swart Bestuursforum (SBF) vandag gesê.

Swart mense swaai vinnig om na materialisme, soos mens kan sien aan hoe vinnig hulle hul luukse motors en huise vertoon. Ndlovu het dit as baie kras beskryf.

Hy sê dat baie swart besigheidsmanne net daarop uit is om hulleself te verryk, en dat hulle nie in transformasie belangstel nie.

Volgens hom het die transformasieproses gestruikel en hy meen dat sommige swart sakemanne nie deel is van die program nie.

Ndlovu het met afgevaardigdes gepraat oor die belangrikheid daarvan om goed te presteer in mens se werk. Hy het gesê dat swart mense hulle eie grootste vyande is.

Ndlovu, wat die visevoorsiter is van die Nedbankgroep, het gesê dat topswartuitvoerendebeamptes dikwels nie hulle eie maatskappye se gebrek aan transformasie kritiseer nie.

Hulle vermy die onderwerp van die bevordering van swartmense, vanuit ‘n gevoel van skuld teenoor dié wat hulle in die magsposisies geplaas het.

Ndlovu het gevra vir die aanstelling van ‘n liggaam wat swart bestuurders kan aanbeveel, om te sorg dat dié bevoegde mense in senior poste in maatskappye aangestel word.

Volgens hom moet daar gekyk word na die aanstelling van mense, aangesien mense dikwels as uitvoerende beamptes aangestel word, terwyl daar vrae is oor hulle bevoegdheid. Hy sê dat die oplossings vir die probleem antwoorde uit eie bodem verg.

Hy sê dat dit tyd is vir swart leiers om transformasie die eerste prioriteit te maak, en het ook bygevoeg dat daar ongelooflike onregverdighede aangaan met sommige swartbemagtigings transaksies. Volgend hom is dit belangrik om te gaan slaap met ‘n skoon gewete.

Ndlovu se stelling oor materialisme het kommentaar van die moderator van die sessie ontlok toe hy gesê het dat hy bly is hy het sy duur mansjetknope nie vandag aangehad nie.

Blade Nzimande van die SAKP het gesê swart besigheidsmanne kan aan hulle SEB-skoene herken word, omdat die punte nouer word, en dit is so lank dat die mense agteruit na ‘n deur toe moet loop om te voorkom dat die skoene klop aan die deur voordat die persoon by die deur kom.        

как называется парусный спортлобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae