Umkhonto woedend oor ANC-skeuring

Lede van die Umkhonto we Sizwe Veteranevereniging oorweeg dit nie om die organisasie waarvoor hulle geveg en hulle lewens gewaag het, in die steek te laat nie.

MK se nasionale voorsitter Kebby Maphatsoe, het op 'n mediakonferensie in Johannesburg gesê hulle is die mense op wie die ANC kan staatmaak omdat hulle beproef en getoets is. Hy sê hulle staar baie lank reeds werkloosheid in die gesig maar is nog nooit oorgehaal om by ander politieke partye aan te sluit nie.

Maphatsoe sê hulle het die aktiwiteite van die andersdenkendes, wat deur Mosiuoa Lekota, Mluleki George en nou ook Sam Shilowa gelei word, waargeneem. Hulle is die mense wat vir jare geveg het vir posisies in die Nasionale Uitvoerende Komitee maar daarin gefaal het om dit te behou en nou verbitterd en kwaad is.

Mapahtsoe sê die veterane se waarnemings is dat dié mense se aksies daarop gemik is om die ANC se mobilisasie vir aanstaande jaar se algemene verkiesing te disorganiseer. MK-woordvoerder Ike Moroe sê MK-veterane is verkeerd opgevryf maar hulle woede sal hulle nie daartoe dryf om by die wegbreekparty aan te sluit of daarme geassosieer te wees nie.

Die MK-veterane is so woedend oor die jongste verwikkelings binne die ANC dat hulle ondersteuning vir die organisasie landswyd gaan mobiliseer. Maphatsoe sê hulle beoog om 45 000 lede vir die ANC se verkiesingsveldtog te werf omdat 'n verenigde en gedissiplineerde ANC van die uiterste belang is vir hulle en vir die meerderheid, wat teen die tragiese ommeswaai en roekelose gedrag van die andersdenkendes beskerm moet word.

Hy sê die veldtog gaan aanstaande maand in Port Elizabeth in die Oos-Kaap geloods word. Dit is waar die andersdenkendes baie geraas gemaak het en dié soort inligting het die potensiaal om gemeenskappe te verwar.  

poker free 10Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae