W?reld moet aanhou om Afrika te voed, s? Annan

Kofi Annan, voormalige VN sekretaris generaal het vandag gesê dat die globale ekonomiese krisis nie ‘n verskoning mag wees om nie die wêreld se honger mense te voed nie.

Hy het gesê dat die wêreld sy doel om die hongeres te voed en armoede hok te slaan nie kan laat vaar nie en dat dit kritiek is vir Afrika. Hy het vandag in Dublin gepraat by ‘n konferensie wat ten doel het om die wêreld se oog te vestig op hongersnood en beter maniere om dit te voorkom.

Die finansiële krisis mag nie ‘n verskoning wees om niks te doen nie, het hy gesê, en ook bygevoeg dat ‘n miljard mense honger ly.

“Terwyl ons hier vergader gaan 10 000 kinders sterf van wanvoeding. En in Afrika alleen is daar 300 miljoen mense wat nog ‘n dag stry teen honger,” het hy gesê.

Hy het gesê dat die wêreld by ‘n kritieke punt is. Die globale voedselkrisis het die globale  gemeenskap bewus gemaak van die behoefte aan landbou-ontwikkeling om hongersnood ten einde te bring en groei in Afrika te bevorder.

Volgens Annan verkeer die beloftes wat vir die doel van Afrikahulp gemaak is op onstabiele grond en die finansiële krisis dreig verder om die politieke wil om die beloftes na te kom te ondermyn.

Hy het gepraat oor die geskarrel om geld te leen om lande se ekonomieë te red, deur die beskikbaarstelling van miljarde dollar, terwyl die ontwikkelende wêreld met hongersnood sit.

Volgens hom is die wêreldekonomie in ‘n siklus van op- en af-fases, terwyl daar nie sprake is van ‘n verligting van Afrika se honger nie. Volgens Annan is die patroon van honger op ‘n immer stygende vlak, wat onaanvaarbaar is en gestop moet word.

детская ванночка купить киевАлександр Фильчаков