Mugabe swig

Zimbabwe se President Robert Mugabe gaan moontlik terugkrabbel oor die toekenning van sleutelministeries aan sy Zanu-PF party om die magsdelingsooreenkoms met die opposisie te red. Die staatsbeheerde Heraldkoerant haal 'n Zanu-PF beampte aan wat sê soos die partye mekaar begin vind en kompromieë aangaan, kan daar ter wille van vordering, veranderings aan die lys van ministeriële toekennings gemaak word.

Hy is nie in 'n posisie om te sê wat die veranderings gaan behels nie omdat die saak op die hoogste vlak, dié van die drie partyleiers hanteer word. Mugabe is in samesprekings met die MDC-leier Morgan Tsvangirai gewikkel om 'n dispuut oor kabinetsaanstellings wat dreig om die 15 September-ooreenkoms te kelder, op te los.

Die voormalige president van Suid-Afrika, Thabo Mbeki is die bemiddelaar in die samesprekings. Arthur Mutambara, leier van die kleiner MDC-faksie is ook daarby betrokke. Die MDC het Woensdag gesê die partye is baie naby daaraan om 'n kabinet saam te stel en "geskiedenis word met die onderhandelings gemaak".

Mugabe sê hy verwag dat die samesprekings oor 'n magsdelingsooreenkoms nog die week bereik kan word, terwyl Mutambara gesê het die partye is baie naby daaraan om 'n ooreenkoms te bereik. Tsvangirai het Sondag gedreig om hom aan die ooreenkoms te onttrek nadat Mugabe sleutelministeries, insluitend verdediging en binnelandse sake – wat die polisie en finansies beheer – aan sy Zanu-PF party toegeken het.   

справка 046-1 как получитьлобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae