Twee winkels is ook afgebrand en nege mense is inhegtenis geneem. Inwoners beweer dat die ondersteuners van die insluiting van die munisipaliteit ingebus is vir die optog.
Fundiswa Njobe, Matatiele se sekretaris van die SAKP, is onder diegene wat inhegtenis geneem is. Luidens 'n onbevestigde berig is een van die optoggangers in die skouer gewond.
Mandla Galo, voorsitter van die Matatiele-Maluti Massa Organisasiekomitee, het in Augustus hierdie jaar stukke by die Gronwethof ingedien om die distrik by die Oos-Kaap in te deel. Verlede jaar in dieselfde maand het die Grondwethof beslis dat Kwa-Zoeloe Natal se provinsiale grense nie verskuif kan word nie omdat die korrekte prosedures nie gevolg is nie.
Terwyl die Oos-Kaap openbare vergaderings oor die aangeleentheid gehou het, het Kwa-Zoeloe Natal nie. Die ANC ignoreer die wense van die inwoners, sê die DA. Uit die 8000 mense by die vergadering het 5000 daarteen gestem.
