Die hoofopposisieleier, Morgan Tsvangirai, het ure ná die onderhandelings Donderdag uitgestap en het vrae van verslaggewers na sy woordvoerder, Nelson Chamisa, verwys.
"Ons het 'n dooiepunt oor alle kwessies bereik," het Chamisa gesê. Volgens hom heers daar steeds 'n dispuut oor ten minste 10 kabinetsposte. Hy het gesê dit sluit die invloedryke ministeries van finansies, die polisie en die weermag – Mugabe word daarvan beskuldig dat hy laasgenoemde twee ministeries gebruik om teenkanting teen sy bewind te onderdruk.
Chamisa het ook gesê die faksies kon nie saamstem oor hoe om die goewerneurskappe toe te ken nie.
Die bemiddelaar, die voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki, bly steeds in onderhandeling agter geslote deure met Mugabe en 'n mindere opposisieleier. Chamisa het gesê sy faksie het gehoop dat Mbeki vooruitgang sal maak.
Die opposisie het al herhaaldelik vir Mugabe daarvan beskuldig dat hy aan te veel van die sleutelposte in die kabinet van 31 lede waartoe op 15 September tydens die magsdelingsooreenkoms besluit is, wil vasklou. In terme van die ooreenkloms sou Mugabe se party 15 kabinetsposte verkry, Tsvangirai 13 en die minderheidsopposisiefaksie onder leiding van Arthur Mutambara drie.
Sonder 'n politieke ooreenkoms, dobber Zimbabwe rigtingloos voort terwyl die ekonomie in duie stort en daar bestaan toenemende tekens van ongeduld onder gewone Zimbabwiërs. Betogers het in die suidelik stad Bulawayo bymekaargekom, asook buite die Harare-hotel waar onderhandelaars Donderdag vergader het, en 'n beroep op politici gedoen om hul geskille by te lê en te begin om kwessies soos inflasie, wat op 231 miljoen persent verkeer, aan te spreek; ook die tekorte aan voedsel, medisyne en die meeste basiese lewensmiddele, asook toenemende hongersnood is kwessies wat dringende aandag verdien.
Politici en generaals wat lank van Mugabe se beskerming afhanklik was, klou blykbaar aan hul poste vas. Tsvangirai is ook onder baie druk. Die internasionale gemeenskap gaan waarskynlik nie die broodnodige hulpgeld en beleggins vrystel indien Tsvangirai gesien word dat hy te veel prys gee nie. Sy ondersteuners tuis is reeds bekommerd dat hy 'n fatale fout gemaak het deur Mugabe toe te laat om aan die mag te bly.
Vroeër Donderdag het die Herald, die staatsbeheerde koerant, 'n onbekende amptenaar van Mugabe se regerende party aangehaal wat gesê het dat kompromieë oor die kabinetsamestelling wat Mugabe vandeesweek unilateraal aangekondig het, gemaak word. Mugabe het die kabinetsposte met die meeste mag, soos die polisieministerie, vir homself toegeëien.
Die optimisme wat deur die Herald geskep is, is later deur die staatsuitsaaier gedemp wat berig het dat Mugabe bloot bereid was om sleutelposte te deel, moontlik deur 'n stelsel te skep waarin dieselfde pos tussen politici van die drie partye geroteer sou word.
'n Onderhandelaar vir 'n klein opposisiefaksie het gedurende 'n pouse in die die onderhandelings gesê dat onderhandelaars 'n kompromie oor die finansies- en polisieministeries bereik het. Hy het geen besonderhede verskaf nie maar gemeen 'n ooreenkoms kon teen Donderdag bereik word. Die samesprekings het is in die aand voortgesit sonder enige nuwe aankondigings.
