Nooddienste se reaksietye vir kritieke gevalle word deur die publiek as een die belangrikste aspekte van openbare gesondheidsorg beskou. Pasiënte wat vir 'n ambulans moet wag, verloor kosbare "goue minute".
Hlongwa het gesê hulle gaan sorg dat die voertuie goed onderhou word en dat elke ambulans oor die nodige toerusting beskik. Strategiese punte vanwaar die voertuie kan vertrek, gaan ook uitgebrei word. "As insleepvoertuie dit kan doen, waarom moet die publiek minder van ons verwag?" het hy gesê.
Maar toegewyde personeel bly die belangrikste aspek van sorg, het hy bygevoeg. Hlongwa het by Lebone College of Emergency Care in Arcadia, Pretoria, se opening gepraat. Die kollege beoog om meer paramedici in die veld te stoot om die probleem aan te spreek.
