Die metropolisie het die wenk van ‘n man gekry wat op soek was na ‘n bestuurskool waar sy seun kon leer bestuur.
Die man het onraad gemerk toe hy die metropolisie se stempel op die bestuurslisensie gesien het. Die verdagtes het ‘n vervalste bestuurslisensie uitgereik aan ‘n polisiebeampte wat as ‘n burgerlike opgetree het.
Die mans word daarvan verdink dat hulle tussen die Langlaagte- en Floridatoetssentrums gewerk het. Daar word verwag dat hulle binnekort in die Johannesburgse landdros hof gaan verskyn.
