Volgens Modise het hy ‘n interessante, verrykende ondervinding gehad, maar hy gaan nou terug na die uitsaaiwese en ook om sy ander sakebelange te bestuur.
Die plaaslike organiseringskomitee se hoofuitvoerendebeampte, Danny Jordaan, het gesê die komitee respekteer Modise se besluit en het bygevoeg dat hy baie groot bydraes tot die projek gemaak het.
