Frankryk wil Arabies in skole bevorder

Image09:51:46 Die Franse regering is besig met 'n veldtog om Arabies en Arabiese kultuur in skole te bevorder. Vroeër hierdie maand is 'n konferensie in die Franse Nasionale Vergadering gehou waar die voordele van die aanleer van Arabies belig is.

In sy rede by dié geleentheid het die Franse president, Nicolas Sarkozy, Arabies die taal van die toekoms, wetenskap en modernisme genoem. Hy het die hoop uitgespreek dat meer Franse dié taal met 'n groot kultuur en geestelike waardes sal aanleer.

"Ons moet in die taal belê om te wys dit simboliseer uitruil, oopheid en verdraagsaamheid en dit dra een van die wêreld se oudste en mees roemryke beskawings," het hy gesê. Sarkozy het sy gehoor daaraan herinner dat Frankryk die meeste Moslems huisves en dat Islam die tweede grootste godsdiens verteenwoordig.

Hy het die vooruitgang in "diversiteit" in Frankryk geloof en verwys na die groei in Moslembegraafplase, die opleidings van Imams en die aanstelling van regeringsministers met verskillende agtergronde.

Hy het Frankryk as 'n vriend van Arabiessprekende lande beskryf en gesê sy land wil nie 'n botsing tussen die Ooste en Weste sien nie. Hy het weereens klem geplaas op die gemeenskaplike doelwitte wat die lande om die Meditereense See moet nastreef.

преимущества и недостаткиФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae