Die VSA en Irak onderhandel reeds maande lank oor 'n veiligheidsooreenkoms vir die ontruiming wanneer die VN se mandaat wat aan die VSA se magte toegestaan is, verval.
Een van die kwessies wat ter sprake gekom het by die voorstelle oor die troepeonttrekking is of die VSA onderworpe sal wees aan Irakse wetgewing soos die Irakse eerste minister vereis. Daar is klaarblyklik egter min Irakse wetlike vereistes ingesluit in die voorlopige ooreenkoms.
Barack Obama het belowe om Amerikaanse troepe binne 16 maande te onttrek, terwyl McCain homself nie wou verbind aan enige spertyd nie.
