"Suid-Afrika het sover nog nie in aanraking gekom met die globale finansiële krisis nie," het Zuma Donderdag gesê.
Sy opmerkings is deur 'n SABC-radiodiens uitgesaai. Hy het ook aangedui dat die ANC sal kyk na hoe die krisis op die land se ambisieuse infrastruktuur se planne inspeel. Zuma sal na wat verwag word volgende jaar aan die stuur van Afrika se grootste ekonomie staan.
Minister van Finansies, Trevor Manuel, het vroeër gewaarsku dat hoër uitleenkoerse en 'n swakker rand Suid-Afrika se infrastruktuurdoelwitte vir die Sokkerwêreldbeker in die wiele kan ry.
