Petrolbomaanval op langafstandbus in Strand eis twee

Die waarnemende burgemeester van Kaapstad, Brett Heron het die aanval op ‘n Intercape-bus in die Strand waarin twee mense dood is, veroordeel. Herron het beroep op inwoners gedoen om na vore te kom met inligting. Die motief vir die aanval op Onverwachtstraat, net langs die N2-snelweg, is nog nie duidelik nie. “Op hierdie stadium is

Lees verder: Petrolbomaanval op langafstandbus in Strand eis twee

Keniane maak jag op albino’s

Keniane is dié week betrap waar hulle probeer het om liggaamsdele van ’n man met albinisme af te kap om dit vir moetie te verkoop. Dit het vrees vir oorgrens-aanvalle uit naburige Tanzanië laat ontstaan, het AFP berig. “Drie mense het my huis bestorm en geld geëis,” het die 56-jarige Enock Jamenya van die Vihiga-distrik

Lees verder: Keniane maak jag op albino’s

Geweld teister Jerusalem

Israeliese polisie het bekend gemaak dat ’n Joodse setlaar dood is aan wonde wat hy opgedoen het toe sy voertuig met klippe bestook is op die Wesoewer. Sy voertuig het glo onder klippe deurgeloop toe hy en twee ander insittendes onderweg huis toe was nadat hulle ’n maaltyd bygewoon het om die Joodse nuwejaar te

Lees verder: Geweld teister Jerusalem

Noodtoestand in Kalifornië na brande

Talle wonings is in ligte laaie gelaat in die wegholbrande in Seigler Springs, Kalifornië, het AFP berig. Die goewerneur van Kalifornië het Sondag ’n noodtoestand afgekondig nadat brande in die noordelike dele van die droogtegeteisterde Amerikaanse staat versprei het. Duisende mense is genoop om voor die vlamme uit te vlug. Die dorp Middletown met ’n

Lees verder: Noodtoestand in Kalifornië na brande

Hyskraan val op Mekkamoskee

‘n Hyskraan wat op die Groot Moskee geval het in Saoedi-Arabië, het die dood van minstens 107 mense veroorsaak. Die Masjid al-Haram is die godsdientige sentrum van Islam. Gelowige Moslems wat daartoe in staat is, is veronderstel om ten minste een keer in hul lewe die pelgrimstog na Mekka aan te pak. Die Groot Moskee

Lees verder: Hyskraan val op Mekkamoskee

Toeriste in Egipte deur veiligheidsmagte doodgeskiet

Die Egiptiese regering het om verskoning gevra nadat veiligheidsmagte Sondag “per ongeluk” 12 mense, insluitende twee Mexikaanse toeriste, doodgeskiet het. Die Egiptiese ministerie van binnelandse sake sê ondersoek sal ingestel word oor hoekom die toeriste in die verbode gebied was. Tien Mexikane en Egiptenare is ook in die voorval beseer en in die hospitaal opgeneem.

Lees verder: Toeriste in Egipte deur veiligheidsmagte doodgeskiet

Vryspraak in Namibiese hoogverraadverhoor

Regter Elton Hoff het Maandag sy uitspraak teen 65 beskuldigdes in die Caprivi-hoogverraadverhoor in Windhoek voltooi. Altesaam 30 beskuldigdes is skuldig bevind op ʼn klag van hoogverraad, nege klagte van moord en 240 klagte van poging tot moord. Die oorblywende 35 beskuldigdes is op al die klagte teen hulle onskuldig bevind. Drie van dié beskuldigdes

Lees verder: Vryspraak in Namibiese hoogverraadverhoor

Australië kry nuwe premier

Australië kry ‘n nuwe premier, Malcolm Turnbull, nadat die sukkelende leier Tony Abbott die leierskap van die Liberale Party aan sy seniorvennoot in die regerende konserwatiewe koalisie afgestaan het. Opposisiepartye lyk al sedert April in meningspeilings sterker as Abbott se regering. Die voormalige minister van kommunikasie, Malcolm Turnbull, sal die 29ste eerste minister van Australië

Lees verder: Australië kry nuwe premier

Amerikaanse senatore dreig SA oor pluimvee-invoere

Amerikaanse senatore Chris Coons en Johnny Isakson het President Jacob Zuma versoek om die Suid-Afrikaanse mark vir Amerikaanse pluimvee “spoedig” oop te maak om te verhoed dat Suid-Afrika winsgewende uitvoervoordele na die VSA verloor. Coons van Delaware en Isakson van Georgia, verteenwoordig groot pluimveeproduserende state. Hulle het hul nuutste dringende beroep gedoen terwyl landbou- en

Lees verder: Amerikaanse senatore dreig SA oor pluimvee-invoere

Geweld en moorde laat twee kampusse sluit

Die Universiteit van KwaZulu-Natal se Westville-kampus is Maandag weens geweld gesluit. Dit volg swart studente op ‘n vernietigingstog gegaan het teen ‘n verhoging in die koste van registrasie vir 2016. Oproerige swart studente het na bewering die hoof administrasiegebou en die hoofkwartier van die risikobestuursentrum aan die brand gesteek. Verskeie voertuie is ook aan die

Lees verder: Geweld en moorde laat twee kampusse sluit