14:40:27 Een uit vyf huise op die Britse mark word te koop aangebied omdat die eienaars nie meer die verbandpaaiemente kan bybring nie. Ten minste 5000 eiendomme word elke week verkoop volgens 'n ondersoek deur die Nasionale Vereniging vir Eiendomsagente.
Lees verder: Meer as 130 Britse families per dag verloor hulle huise

13:43:32 Daar is 'n menslike tol daaraan om vir goud te delf in Suid-Afrika. Terwyl die sterftesyfers minder word, is dit steeds hoog genoeg dat die parlement vandeesweek maatreëls oorweeg om uitvoerende beamptes by myne te dreig met tronkstraf vir sterftes in hulle myne.
13:20:33 Die Amerikaanse ambassadeur in Harare, James McGee, het Donderdag gesê dat 294 sterftes aan cholera reeds in Zimbabwe aangemeld is, te midde van sowat 1200 gevalle van dié siekte wat aangemeld is.
Voormalige Amerikaanse president Jimmy Carter, en medewerkers gaan voort met 'n humanitêre sending na Zimbabwe, ten spyte daarvan dat die staatsbeheerde koerant in dié Afrika land aangedui het dat hulle onwelkom is.