Rooimiere beskuldig dat hulle man vermoor

Die Rooimiersekuriteitswagte word daarvan beskuldig dat hulle 'n vrou aangerand het en haar man vermoor het nadat hy haar te hulp gesnel het in Edenpark in Ekurhuleni, het polisie Donderdag gesê.

Kaptein Mega Ndobe het gesê dat sowat 50 Rooimierwagte Hophuise bewaak het teen besetting deur onwettige inwoners , krakers, toe hulle gesien het dat die lemmetjiesdraad om die huise weg was.

Hulle het aan inwoners van die huise gevra of hulle enige iets weet omtrent die diefstal en 'n argument  het  daarna uitgebreek  tussen die 25-jarige wettige eienaar van die Hophuis en die Rooimiere.

"Hulle het begin om haar aan te rand" het Ndobe gesê.

Iemand het haar 34 jarige man wat op pad was werk toe geskakel. "Hy het omgedraai, en met sy aankoms tuis probeer om tussenbeide te tree toe hy sien dat hulle sy vrou aanrand."

Ndobe beweer dat die Rooimiere die man met breekysters geslaan het. Hy is op die toneel dood.

Ndobe het gesê die polisie was steeds op die toneel teen 09:30 besig met die ondersoek. Geen arrestasies is gemaak nie, maar 'n moordsaak is aanhanging gemaak.

Die gemeenskap is woedend oor die insident, en wou die Rooimiere aanval. Die polisie bewaak tans die Rooimiere, volgens berigte.

slot machinesФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae