"Ons verwag volle herstel van die krag teen Saterdagoggend" het Louis Pieterse, woordvoeder van die kragdepartement gesê.
Hy het gesê 90% van die krag is herstel en dit sal teen middag se kant aangaan.
Dele van die sakegebied en Selbie is geraak deur die onderbreking.
Sommige verkeersligte in die suidelike dele van die stad is steeds buitewerking.
"Dit is 'n reuse taak, maar ons behoort môre weer aan die gang te wees," het hy gesê.
Die brand wat vroeg Maandagoggend begin het, het dele suid van President- en Markstraat sonder krag gelaat.
Pieterse kon nie kabeldiefstal as die rede vir die brand uitsluit nie.
