Carter en Annan gaan voort met besoek aan Zimbabwe

ImageVoormalige Amerikaanse president Jimmy Carter, en medewerkers gaan voort met 'n humanitêre sending na Zimbabwe, ten spyte daarvan dat die staatsbeheerde koerant in dié Afrika land aangedui het dat hulle onwelkom is.

Die Ou Leiers, 'n groep wat deur voormalige SA president Nelson Mandela aanmekaargesit is, het verlede week planne om Zimbabwe te besoek, bekend gemaak.

Na 'n storie wat Donderdag in Zimbabwe se Heraldkoerant oor die beoogde besoek verskyn het, getiteld "Kom asseblief op 'n later datum," het die groep hulle planne herbevestig, sonder om na die koerantberig te verwys.

Die voormalige VN sekretarisgeneraal, Kofi Annan en Graca Machel, Nelson Mandela se vrou, wat ook 'n internasionale vroue en kinderregte advokaat is, gaan ook deel uitmaak van die groep wat Saterdag vir 'n tweedae besoek daar aanland.

Die Herald het 'n onbekende bron aangehaal wat Annan openlik as krities beskou teenoor president Robert Mugabe en sy administrasie.

'n Ou Leiers-woordvoerder het gesê dat die groep 'n onderhoud met president Mugabe aangevra het, maar dat daar sover geen formele reaksie was nie.

Annan het in 'n verklaring beklemtoon dat die besoek onafhanklik is van 'n streekspoging om Mugabe en sy teenstaanders sover te kry om die magsdeling ooreenkoms wat sedert September al vertraag word, te implementeer.

Die opposisie beskuldig Mugabe, wat sedert onafhanklikwording van Brittanje in 1980 aan bewind is, daarvan dat hy al hoe meer outokraties optree, en dat hy probeer om aan die belangrikste kabinetsposte vas te hou. Die dooiepunt het Zimbabwiërs in 'n posisie gelaat waar hongersnood en siekte die land teister, en waar daar byna geen regering meer bestaan nie terwyl die ekonomie in duie stort.

Terwyl die Ou Leiers se besoek slegs 'n humanitêre besoek is, "doen ons 'n beroep op Zimbabwe se politieke leiers om vinnig te beweeg om die ooreenkoms van 15 September te implementeer, veral met betrekking tot die voorsiening van humanitêre hulp en voedselvoorsiening," het Annan gesê.

Zimbabwe se hoof opposisieleier, Morgan Tsvangirai, het tydens 'n besoek aan Berlyn aan Associated Press gesê dat hy en Mugabe binne tweemaande 'n regering moet saamstel om 'n katastrofiese humanitêre krisis af te weer.

Tsvangirai het gesê hy vrees dat honger en frustrasie, tesame met die aanhoudende ineenstorting van dienste soos skole en hospitale onrus en geweld kan aanblaas indien 'n wettige regering nie vinnig intree nie.

Tsvangirai het eerste gekom uit vier mense in die eerste rondte van die verkiesing in Maartmaand. Maar volgens amptelike resultate het hy nie genoeg stemme op hom verenig om 'n tweede rondte verkiesing af te weer teen Mugabe wat tweede gekom het nie.

Tsvangirai het onttrek uit die tweede rondte verkiesing wat op 27 Junie plaasgevind het vanweë aanvalle op sy ondersteuners.

Die Amerikaanse ambassadeur in Zimbabwe, het intussen op Donderdag gesê dat "Mugabe se magsgreep sterker was as wat dit 'n jaar terug was."

Ambassadeur James McGee, wat met verslaggewers by Washington gesels het in 'n videokonferensie, het gesê dat Mugabe sy mag versterk het deur 'n politieke ondersteuningsisteem wat hy volgehou het, ten spyte van die kritiese finansiële- en gesondheidstoestande wat in die land heers. 

play real lifeФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae