Die versuim om 'n regering van nasionale eenheid te vorm, beteken dat die geleentheid vir hulp verbygegaan het, het regeringswoordvoerder Themba Maseko gesê.
Suid-Afrika het verlede maand R300 miljoen (22,6 Euro) se landbouhulp aan Zimbabwe om korttermynvoedselvoorsiening te help, goedgekeur onderworpe aan sekere voorwaardes.
"Dié hulp sal nie aan Zimbabwe oorgedra word totdat 'n verteenwoordigende regering in plek is nie," het Maseko aan joernaliste gesê.
"Ons groot bekommernis is dat ons die plantseisoen gemis het" het hy bygevoeg.
Woordvoerder van die departement van buitelandse sake, Ronnie Mamoepa, het Dinsdag bevestig dat Suid-Afrika gasheer sal wees vir 'n volgende rondte samesprekings volgende week, onder die leiding van voormalige president Thabo Mbeki, wat die magsdelingsooreenkoms meer as twee maande terug aanmekaar gesit het.
Morgan Tsvangirai het die week Berlyn en Parys besoek om Europese regerings te vra vir hulp, aangesien voedsel in Zimbabwe vinnig skaarser word. Die opposisieparty reken dat 5,5 miljoen mense in die land teen Januarie van voedselhulp afhanklik sal wees.
Die Franse minister van buitelandse sake, Bernhard Kouchner, het ondersteuning belowe, maar nog geen nuwe beloftes oor hulp gemaak nie, aangesien toegang tot die groepe in Zimbabwe wat hulp nodig het steeds verhoed word.
