Nel het Enoch Tshepo Motshelanoka(10), Anna Moiphitlhi (31), haar driemaande-oue baba Kegitlho Eizabeth Moiphitlhi en Sivuyile Banani (35) in 'n rassegeïnspireerde voorval in die Skielik-nedersetting buite Swartruggens op 14 Januarie doodgeskiet.
Nog agt mense is gewond in die aanval en daar is op nog drie geskiet.
Nel het vier lewenslange vonnisse gekry vir die vier moorde, het die Times berig.
Hy is 'n addisionele vonnis van 68 jaar opgelê vir die 8 pogings tot moord en vier jaar elk vir die drie ander klagte.
Hy het ook vyf jaar gekry vir die besit van 'n vuurwapen en drie jaar vir die besit van ammunisie. Die klag van eiendomsbeskadiging is teruggetrek.
