'n Nasionale kommissie in 1995 het bevind dat 69 000 mynwerkers in Suid-Afrika tussen 1900 en 1993 dood is, en dat 25 keer soveel mense beseer is, die oorgrootte meerderheid terwyl hulle goud ontgin het. Dié syfers sluit nie diegene in wat ly aan longsiektes en doofheid as gevolg van geraas nie.
Die syfers van mynsterftes vergelyk "sleg met die meeste ander lande in die wêreld", het die kommissie bevind.
Sedert 1995 het veiligheidsmaatreëls die sterftesyfer heelwat verminder van 'n gemiddeld van 742 na 220.
Die nuwe wetgewing kan maatskappy-uitvoerendebeamptes aan tronkstraf van tot 5 jaar onderwerp, of boetes van Rm3 instel, wat administrateurs in kantore krimineel strafbaar sal hou vir ongelukke in die warm ondergrondse tonnels.
"Ons het lank gewerk vir dié strawwe," het Lesiba Seshoka, 'n woordvoerder van die Nasionale Unie van Mynwerkers gesê. Die Unie verteenwoordig die meerderheid van die land se 465 000hoofsaaklik swart mynwerkers.
Die meeste mynmaatskappye sê hulle is lankal reeds meer veiligheidsbewus en staan die nuwe beoogde maatreëls teen.

13:43:32 Daar is 'n menslike tol daaraan om vir goud te delf in Suid-Afrika. Terwyl die sterftesyfers minder word, is dit steeds hoog genoeg dat die parlement vandeesweek maatreëls oorweeg om uitvoerende beamptes by myne te dreig met tronkstraf vir sterftes in hulle myne.