Engelse stertjies aan Afrikaanse advertensies irriteer

17:14:38 Dis met toenemende verbasing dat ek deesdae al meer en meer na die verspotte Engelse stertjies moet luister wat adverteerders aan hulle Afrikaanse reklameflitse op die radio aanheg. Dis “for the love of the game”, “liquid engineering”, “shift expectations” en allerhande sulke bogtery wat nugter weet hoekom.

Wat wil die adverteerder vir my sê? Luister jou Afrikaanse pampoen, jou taal is nie goed genoeg om uit te druk wat ek wil uitdruk nie, dus hier is ’n stukkie Engels om jou kop skoon te kry. Is dit sy boodskap?

Aanvanklik so ’n paar maande gelede het ek maar stilweg besluit om liefs weg te bly van die of daardie produk met sy Engelse stertjie, maar nou is daar so ’n oorvloed van hierdie produkte dat dit maar moeilik sal gaan om daarsonder klaar te kom. ’n Futiele boikotaksie dus. Behalwe miskien as ek kaalstert alleen iewers op ’n eiland sal gaan bly en met my kaal hande visse probeer vang en wortels uitgrawe om aan die lewe te bly. ’n Vreugdelose vooruitsig, maar ten minste is ek dan die stertjies gespaar.

hair headbandsАлександр Фильчаков прокурор