294 Mense dood aan cholera, s? Amerikaanse ambassadeur

Image13:20:33 Die Amerikaanse ambassadeur in Harare, James McGee, het Donderdag gesê dat 294 sterftes aan cholera reeds in Zimbabwe aangemeld is, te midde van sowat 1200 gevalle van dié siekte wat aangemeld is.

"Die water- en sanitasiesituasie het handuit geruk," het McGee aan Washingtonse verslaggewers gesê in 'n satellietkonferensie.

"Daar is meer as 1200 bevestigde gevalle van cholera, en meer as 2500 onbevestigde gevalle," het McGee gesê.

Beamptes in Harare het gesê die uitbraak van cholera in Zimbabwe in die laaste maand het nou ten minste 90 lewens geëis, insluitend 3 sterftes van Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika was.

Ten minste 37 mense het by Beitbrug gesterf. Die dorp is op die grens met Suid-Afrika, het die minister van gesondheid, Dawid Parirenyatswa, oor die nasionale radio gesê.

Drie Zimbabwiërs het in Musina in Suid-Afrika gesterf, het beamptes daar bekend gemaak.

Nog 37 dood is in Harare, terwyl 'n nuwe uitbraak in die stad Gweru nog 13 lewens geëis het, het die staatsmedia Donderdag berig.

Dokters sonder grense het Dinsdag gewaarsku dat 1,4 miljoen mense in Harare erg blootgestel is en dat gevalle van cholera so ver suid as in Durban aan die Suid-Afrikaanse suidooskus aangemeld is.  

play crownдепутат лобановский