Mooi was darem nog nooit lelik nie

Image

Westerse vrou in Bali op pad na bikinipartytjie Foto: Richard Menneveux

11:09:01 Ná maandelange konsultasie het Indonisiese wetgewers besluit dat bikini’s aanvaarbare drag is op strande in die hoofsaaklik Moslem-land, het ‘n LP Vrydag gesê.

Lees verder: Mooi was darem nog nooit lelik nie

Tim Modise bedank uit WB-komitee

Image

Tim Modise

09:34:13 Tim Modise, die woordvoerder vir die 2010-wêreldsokkerbeker se organiseringskomitee, het bedank, het Fifa Vrydag bekend gemaak. Hy gaan die einde van die maand klaarmaak en terugkeer na die uitsaaiwese.

Lees verder: Tim Modise bedank uit WB-komitee

Twee vas na verkoop van vervalste bestuurslisensies

09:31:27 Twee mans is gearresteer nadat hulle klaarblyklik vervalste bestuurderslisensies verkoop het in sentraal-Johannesburg, het die metropolisie Donderdag laat weet. Hoofsuperintendent Wayne Minnaar sê die mans is vasgetrek buite die Lovedaystraattoetssentrum waar hulle die vervalsde bestuurslisensies en tydelike bestuurlisensies vir R 3000 elk verkoop het.

Lees verder: Twee vas na verkoop van vervalste bestuurslisensies

Weereens ‘n dooiepunt in Zimbabwe

Image

Robert Mugabe (middel)

10:38:22 Die Zimbabwiese opposisie het verklaar dat magsdelingsonderhandelinge met president Robert Mugabe Donderdag vasgeval het, maar hy het bygevoeg dat die Suid-Afrikaanse bemiddelaar hopelik vooruitgang sal maak.

Lees verder: Weereens ‘n dooiepunt in Zimbabwe