Mooi was darem nog nooit lelik nie

Image

Westerse vrou in Bali op pad na bikinipartytjie Foto: Richard Menneveux

11:09:01 Ná maandelange konsultasie het Indonisiese wetgewers besluit dat bikini’s aanvaarbare drag is op strande in die hoofsaaklik Moslem-land, het ‘n LP Vrydag gesê.

Dié skuif bring ‘n sug van verligting van die winsgewende toerismebedryf, wat kommer uitgespreek het oor ‘n nuwe teenpornografiewet wat deur die konserwatiewe Moslems deurgedruk sou word.

Husein Abdul Azis, ‘n demokratiese regeringsbeampte, het gesê dat toeriste bikini’s mag dra in sekere toeriste areas, soos Bali, sodat die toerismebedryf nie skade moet lei nie.

Hy het bygevoeg dat hulle luister na die mense se besware, en ook na aandeelhouers in die bedryf, met verwysing na vrese dat toerisme sal skade lei as die dra van bikini’s gekriminaliseer word.

Indonesië het 2008 as die “besoek Indonesië”-jaar verklaar, in die hoop om 7 miljoen besoekers te lok, en om sowat 6,7 miljard dollar in buitelandse valuta te verdien. Die huidige aanduidings is dat die teiken waarskynlik nie behaal sal word nie.

Politici, kunstenaars, menseregte-aktiviste en toeriste-entrepreneurs op die grootliks Hindoe-eilandBali, die hooftoeristeaantreklikheid,  het almal beloof om die wette teen te gaan indien die teenpornografiewetgewing ingestel sou word.

Azis, ‘n lid van die komitee wat die wetgewing moet opstel, sê groot veranderinge is gemaak aan ‘n vroeër weergawe van die wetgewing om probleme uit te stryk. Die wet kan dalk al teen die einde van die maand deurgevoer word.

какое нужно оборудованиепрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae