Slegs swart diensverskaffers asseblief

12:33:49 Die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit (EDM) in Nelspruit het besluit dat blankes nie meer toegelaat sal word om met die raad besigheid te doen nie. ‘n Rasseoproer is in Mpumalanga se hoofstad op pad nadat dié besluit verledeweek op ‘n lekgotla geneem is deur senior bestuurders in die raad.

 

Die lekgotla is gelei deur Hugh Mbatha, die munisipale bestuurder en is bygewoon deur lede van die burgemeesterskomitee.

Die besluit is amptelik verwoord soos  volg: “Stop die aanstelling van blanke konsultante, kontrakteurs en enige ander diensverskaffers en bemagtig die swart konsultante,  kontrakteurs en ander sakemanne.”

Volgens dokumente in besit van die verslaggewers, word die besluit geregverdig op grond van die implementasie van die regering se beleid en riglyne vir “breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging” (BBSEB).

Gravett Herbst, leier van die DA koukus in die EDM, sê dit is ‘n rassistiese besluit en verteenwoordig uiterste diskriminasie teen blankes.

Toe daar gevra is oor die besluit, is aan die verslaggewer gesê dat daar eers oor die saak besluit sal moet word. Caswell Maluleke, de speaker van die raad, het gesê dat hy nie bewus was van so 'n besluit deur die raad se senior bestuurders nie.

Maluleke het gesê die raad het tans geen beleid wat blankes uitsluit nie. So ‘n besluit moet eers deur die volle burgemeesterskomitee oorweeg word, waarna ‘n besluit geneem moet word oor die lewensvatbaarheid daarvan, waarna dit ter tafel gelê moet word op ‘n volle raadsvergadering.

Herbst het gesê die besluit is ‘n eensydige saak wat deur ‘n paar mense met verskuilde agendas bestuur word. Die DA gaan aandring dat beamptes nie die besluit deurvoer alvorens dit deur die hele raad ondersoek is nie.         

купить липецк подъемное оборудованиелобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae