Brandende versperrings het DA-leier Helen Zille gister begroet noord van Pretoria toe sy Mabopane en Slovoville, Winterveld, besoek het om met inwoners oor diensleweringsprobleme te praat. Polisieversterkings moes ingeroep word nadat Zille en haar adjudante onder klippe gesteek is. Solly Msimanga, ‘n Gautengse DA-verteenwoordiger moes steke kry nadat hy deur ‘n klip getref is. Die
Inwoners slaan rower dood
‘n Groep inwoners het die gereg in eie hande geneem en ‘n vermeende rower in Polokwane doodgeslaan, het die polisie Maandag bekend gemaak. Volgens insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder, is die man en twee medepligtiges Sondagoggend vasgetrek terwyl hulle besig was om by ‘n huis op die Tweefontein-hoewes in te breek. “Toe die mans besef dat
Duitse bomdreiger kry borg
Die hof het ‘n Duitse fotograaf, wat glo verantwoordelik was vir die chaos kort voor die finale loting vir die 2010-wêreldbekertoernooi, Maandag op borgtog van R5 000 vrygelaat. Bernd Fischer (68) staar verskeie aanklagte in die gesig nadat hy Vrydag ‘n bomdreigement by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gemaak het. Fischer het glo beweer dat hy
Vliegtuig by George raak pad byster
‘n Airlinkvliegtuig was Maandagoggend in ‘n ongeluk betrokke ná dit vermoedelik die landingstrook op die George-lughawe in nat weer gemis het. Al 30 passasiers en drie bemanningslede is ongedeerd. Die voorval het omstreeks 11:06 Maandagoggend plaasgevind. News24 berig dat SA Airlink die “voorval” bevestig het waarin vlug SA 8625 uit Kaapstad tydens sy landing by
Drie vas oor ivoor
Drie mans is vir die onwettige besit van ivoor in Springs in hegtenis geneem, het die polisie gesê. Kapt. Johannes Ramphora het gesê die mans, tussen die ouderdom van 30 en 35 jaar, is in die sentrale sakegebied van die stad vasgetrek. “Hulle is deursoek toe hulle laat Sondagmiddag in ‘n Audi A4 onderweg was.
Treine bots, 100 beseer en 1 dood
Meer as ‘n 100 mense is beseer en een oorlede nadat twee treine Maandagmiddag in Boskop buite Potchefstroom in ‘n botsing betrokke was. Die oorledene was glo swanger. Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, is meeste van die beseerdes kleuters en tieners. ‘n Mobiele kliniek is op die toneel opgeslaan om die beseerdes te behandel. Viwe Mlenzana,
Anti-terreurspesialiste gaan sokkerspelers oppas
Verskeie lande wat aan die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan deelneem, sal privaatveiligheidsfirmas betaal vir beskerming, het die Pretoria News berig. Dié firmas, wat oorlogspesialiste uit Irak en Afganistan in hul diens het, sal gebruik word om die spelers en amptenare te beskerm. Bronne in die private sekuriteitsbedryf, het gesê sokkerverenigings in Europa én Suid-Amerika het reeds
Lees verder: Anti-terreurspesialiste gaan sokkerspelers oppas
Zuma gas by bulslagting
President Jacob Zuma was Saterdag in Nongoma, KwaZulu-Natal, waar duisende mense die ritueel ter ere van koning Goodwill Zwelithini aanskou het. ’n Bul is deur 30 Zoeloekrygers, tussen die ouderdomme van 16 en 19 jaar, met hul kaal hande doodgemaak. Die ritueel was deel van die Ukheshwama-oesfees by die Nyokeni-paleis, een van die wonings van
Meer as ‘n derde van polisienommers werk nie
Meer as ‘n derde van die telefoonnommers wat as Suid-Afrikaanse polisiestasienommers gelys is, werk nie. Volgens Dianne Kohler Barnard van die DA sal hulle die lys aan die polisiekommissaris voorlê sodat die SAPD die probleem kan aanspreek voor die feesseisoen. Dié ontstellende nuus kom nadat ‘n verslag van die ouditeur-generaal bekend gemaak het dat 50
Fifa-euforie moet regmaak wat krom is
‘n Groot triomf met die loting vir aanstaande jaar se Fifa-Wêreldbeker in Suid-Afrika… Aan die ander kant van die munt is finaal afskeid geneem van Chris Louw, is nog ‘n plaasmoord gepleeg, was daar munisipale onrus en was daar geweld by ‘n vergadering van die opposisieleier, Helen Zille. Suid-Afrika was nog altyd ‘n land van