Anti-terreurspesialiste gaan sokkerspelers oppas

Verskeie lande wat aan die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan deelneem, sal privaatveiligheidsfirmas betaal vir beskerming, het die Pretoria News berig.

Dié firmas, wat oorlogspesialiste uit Irak en Afganistan in hul diens het, sal gebruik word om die spelers en amptenare te beskerm.

Bronne in die private sekuriteitsbedryf, het gesê sokkerverenigings in Europa én Suid-Amerika het reeds firmas wat voormalige militêre personeel, waarvan sommige spesiale magte is, aangestel om spelers en hul families te beskerm.

Dié firmas sal 24 uur per dag gewapende lyfwagte, koeëlvaste voertuie, advies oor hoe om kapings te voorkom en taakspanne wat ontvoeringsituasies kan hanteer, beskikbaar stel.

Ontvoeringsverskering sal ook deur sommige firmas aangebied word, lui die berig.

Dié onthullings is gemaak te midde van vrese dat daar “gapings in die sekuriteit” wat deur organiseerders voorsien word, kan wees.

Verskeie sokkerverenigings van regoor die wêreld en senior figure in internasionale administratiewe sokkerkringe het hul kommer uitgespreek. Hul bekommernis word deur beweerde glipse in sekuriteit by verlede jaar se Konfederasiebeke gevoed, wat as ‘n toets vir 2010 gesien is.

 

барбі дом мечтыДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae