Zuma gas by bulslagting

President Jacob Zuma was Saterdag in Nongoma, KwaZulu-Natal, waar duisende mense die ritueel ter ere van koning Goodwill Zwelithini aanskou het. ’n Bul is deur 30 Zoeloekrygers, tussen die ouderdomme van 16 en 19 jaar, met hul kaal hande doodgemaak.

Die ritueel was deel van die Ukheshwama-oesfees by die Nyokeni-paleis, een van die wonings van Zwelithini.

Animal Rights Africa (ARA) wat die ritueel wou keer deur ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pietermaritzburg in te dien, kon nie verhoed dat dit voortgaan nie nadat regter Nic van der Reyden Vrydag die ARA se aansoek van die hand gewys het.

Van der Reyden het die geleentheid vergelyk met die Nagmaal en gesê 10 miljoen Zoeloes sal deur die afskaffing van die ritueel geraak word omdat hulle daarin glo.

Hy het ook gesê die simboliese gebaar is belangrik omdat versuim sal beteken dat die Zoeloes hulle koning “vermoor” indien hulle nie die bul op dé wyse dood nie.

Fotograwe, asook vroue en kinders, is nie by die geleentheid toegelaat nie.

Zwelithini het die “praatjies” dat Zoeloes nie respek vir diereregte het nie, afgemaak en gesê Zoeloes mishandel nie diere nie, want hulle gee selfs troetelname om te wys hoe lief hulle diere het.

Hy het die geleentheid as ‘n herontwaking van Zoeloekultuur beskryf.

Hy het sy verligting uitgespreek dat ARA se aansoek misluk het, en die ritueel “wonderlik” genoem. Hy het bygevoeg dat so iets nie bederf kan word deur “mense wat dink hulle weet meer van ons kultuur as onsself nie.

 

электрический самовсасывающий насоспрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae