‘n Airlinkvliegtuig was Maandagoggend in ‘n ongeluk betrokke ná dit vermoedelik die landingstrook op die George-lughawe in nat weer gemis het.
Al 30 passasiers en drie bemanningslede is ongedeerd.
Die voorval het omstreeks 11:06 Maandagoggend plaasgevind.
News24 berig dat SA Airlink die “voorval” bevestig het waarin vlug SA 8625 uit Kaapstad tydens sy landing by die George-lughawe die landingstrook byster geraak het.
Die vliegtuig het deur ‘n omheining gebars en tot stilstand gekom op ‘n nabygeleë pad.
