Meer as ‘n derde van polisienommers werk nie

Meer as ‘n derde van die telefoonnommers wat as Suid-Afrikaanse polisiestasienommers gelys is, werk nie.

Volgens Dianne Kohler Barnard van die DA sal hulle die lys aan die polisiekommissaris voorlê sodat die SAPD die probleem kan aanspreek voor die feesseisoen.

Dié ontstellende nuus kom nadat ‘n verslag van die ouditeur-generaal bekend gemaak het dat 50 000 oproepe na 10111, die nooddiensnommer, in 2008 laat vaar is omdat die reaksietyd te lank was.

Die ondersoek wat die DA onderneem het toon aan dat in 97 gevalle van die 270 oproepe wat gemaak is, oftewel 35%, het die oproep nie na ‘n lid van die polisie deurgeskakel nie. Die betrokke nommers is elk drie keer op verskillende tye getoets.

Noorwes en die Noordkaap was die ergste provinsies wat betroubare nommers aanbetref. In dié betrokke provinsies het 57% van die oproepe nie na die polisie deurgeskakel nie.

Dit het geblyk dat sommige telefone nie beantwoord is nie en net aangehou lui het, terwyl sekere telefone gedurende spesifieke tye van die dag gediskonnekteer was.

In Limpopo het slegs 4 uit 10 stasies elke oproep beantwoord en in misdaadmekka Gauteng het net die helfte van alle polisiestasies elke oproep beantwoord.

In ‘n paar gevalle het die SAPD-nommer in ‘n gebied verander, maar is nie deur die stasie aan die publiek gekommunikeer nie.

 

сапфировая брекет системаЛобановский