ANC se algemene raad agter geslote deure

Die ANC se nasionale algemene raad sal vandag in Durban ‘n geslote vergadering hou op die tweede dag van sy middeltermynbeleidsbyeenkoms. Afgevaardigdes sal na verwagting in kommissies verdeel om ‘n groot aantal kwessies te bespreek, insluitend ekonomiese transformasie en vrede en stabiliteit. Die NAR het Maandag begin met ‘n ferm president Jacob Zuma wat die

Lees verder: ANC se algemene raad agter geslote deure

Houtbaaiplakkers in oproer

Die Hangberg-gebied by Houtbaai is in oproer nadat die stad Kaapstad se beamptes begin het om sinkhuise af te breek. Sinkplaatskuilings van die krotbuurt word deur die stad se eenheid teen onwettige grondbesetting vernietig. Onwettige strukture wat aan die brandpad grens word tans geteiken tot groot ontsteltenis van die eienaars. Inwoners het paaie met brandende

Lees verder: Houtbaaiplakkers in oproer

Die voetspoor van korrupsie

Na aanleiding van die debat oor hoë personeelkoste in die staatsdiens, en hoekom ‘n klien effektiewe staatsdiens altyd die beter opsie is, ‘n stuiwer in die armbeurs. As voorbeeld kan plaaslike bestuur gebruik word. Wat spesifiek in plaaslike bestuur gebeur het, is eintlik iets om oor te lag, maar dit is daardie soort lag wat

Lees verder: Die voetspoor van korrupsie

Dubbele standaarde oor Clive Derby-Lewis

Die dubbele standaarde wat geld ten opsigte van Clive Derby -Lewis is onaanvaarbaar en reflekteer ernstig op korrektiewe dienste en op die ANC. Waarom is dit nodig om ’n hofbevel te bekom ten einde te verseker dat Derby-Lewis mediese behandeling in die tronk kry? Regter Neil Tuchten het gister so ’n  bevel toegestaan ten einde

Lees verder: Dubbele standaarde oor Clive Derby-Lewis

Draai die horlosie dertig jaar terug

‘n Afgestofde grappie lui dat die kaptein van ‘n vlug uit die buiteland kort voor die landing op OR Thabo-lughawe die passasiers soos volg inlig: “Ons land binnekort op OR Thabo-lughawe, Suid-Afrika. Draai u horlosies dertig jaar terug, en pas die horlosies en ander besittings goed op tydens u verblyf.” Word na die politieke toneel

Lees verder: Draai die horlosie dertig jaar terug

Die Sweedse verkiesing – Steeds ‘n teken van opkomende regs?

Die Sweedse kiesers het hul keuses uitgeoefen, maar dit lyk of ‘n nuwe verkiesing dalk uitgeroep sal moet word omdat die vorming van ‘n regering nou onmoontlik lyk. Die ironie is dat die probleem nie soseer is hoeveel stemme die groot partye getrek het nie, maar oor die hoeveelheid stemme wat ‘n klein party getrek

Lees verder: Die Sweedse verkiesing – Steeds ‘n teken van opkomende regs?

Van spaais en agente

Herrie lees die minister sê die inligtingswet is nodig want daar is soveel spaais en agente in die land wat dinge wil verander. En dit, sê die minister, is verkeerd en lelik. “Pa, beteken dit die Skerpioene was lelike spaais omdat hulle die land probeer verander het van ‘n roofdierstaat na ‘n piesangrepubliek?” Dit is

Lees verder: Van spaais en agente

Soldate wil weer betoog

Soldate berei voor om aanstaande maand voor die Uniegebou in Pretoria te betoog en ‘n memorandum te oorhandig, het die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagtevakbond (Sasfu) gister in Pretoria gesê. Sasfu se Gautengse voorsitter Mfazwe Plaatjie het gesê die unie beplan ook regstappe teen die minister van verdediging en oorlogsveterane Lindiwe Sisulu omdat sy honderde soldate op spesiale

Lees verder: Soldate wil weer betoog

Die gevare van ‘n de facto-eenpartybedeling

Binne die politieke wetenskap doen ‘n sêding die rondte: “Die demokrasie is ‘n gemors, maar dis die beste gemors wat ons het.” Dat die oë van die land van vandag af vir die duur van die week op Durban gerig is, is tegelykertyd verstaanbaar en hartseer. Verstaanbaar, omdat die land se regerende party ‘n belangrike

Lees verder: Die gevare van ‘n de facto-eenpartybedeling

Absa daag ons uit

Die nuus dat Absa minder wit rugbyspelers in die Curriebeker wil sien, is geensins ‘n verrassing nie. Hoewel die bank intussen by monde van sy adjunk-uitvoerendehoof, mnr. Louis von Zeuner, ontken het dat hy ten gunste van rassekwotas is, het Absa tog duidelik sy anti-wit sentiment na buite gekommunikeer. Absa, wat deur Barclays van Brittanje

Lees verder: Absa daag ons uit