ANC se algemene raad agter geslote deure

Die ANC se nasionale algemene raad sal vandag in Durban ‘n geslote vergadering hou op die tweede dag van sy middeltermynbeleidsbyeenkoms.

Afgevaardigdes sal na verwagting in kommissies verdeel om ‘n groot aantal kwessies te bespreek, insluitend ekonomiese transformasie en vrede en stabiliteit.

Die NAR het Maandag begin met ‘n ferm president Jacob Zuma wat die leviete oor dissipline, steunwerwing, verhoudings binne die regerende alliansie en openbare rusies voorgelees het.

Zuma se politieke verslag, wat sowel versoenend as krities teenoor die alliansie was, is goed ontvang deur die SA Kommunistiese Party en die Congress of SA Trade Unions na maande van gespanne verhoudings.

Die ANC-jeugliga het ‘n skrobbering ontvang, met Zuma wat vra vir ‘n terugkeer na revolusionêre dissipline. Hy het ook die chaos by sommige konferensies van die Jeugliga as onaanvaarbaar beskryf.

Geen nuwe beleid

Hy het weereens ‘n beroep gedoen dat die debat oor die 2012-leierskapstryd laat vaar word totdat die regte tyd aanbreek. Hy het geëindig deur van sy voorbereide veslag af te wyk en te sê dat die NAR nie die tyd is om nuwe beleid te bespreek nie.

Nasionalisering van die myne is ‘n nuwe beleid wat die jeugliga by die NAR wil propageer en in ANC-beleid wil omskep.

Die ANC se 2000 afgevaardigdes het Maandagmiddag ‘n geslote vergadering gehou waar hulle ‘n organisatoriese verslag van die sekretaris-generaal, Gwede Mantashe en die tesourier se verslag deur Matthews Phosa aangehoor het.

Mantashe se verslag het die funksionering van die ANC sedert sy verdeeldheid by die Pietersburgse verkiesingskonferensie in 2007 onder die loep geneem.

Sy verslag sê dat mense die ANC soos ‘n werkverskaffingsburo gebruik en dat daar verhoogde kommer oor swak dissipline bestaan.

Die nasionale algemene raad duur voort.

воздушный компрессор безмасляныйФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae