Nzimande wil nie wegdoen met Afrikaans

Die regering het geen begeerte om Afrikaans as ’n taal van onderrig weg te doen nie, het dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, Donderdagaand gesê. Hy het tydens die inhuldigingseremonie van Johann Rupert as die 14de kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) gesê die regering se standpunt is nog deurgaans duidelik dat alle amptelike

Lees verder: Nzimande wil nie wegdoen met Afrikaans

Nie nou tyd vir Uhurugedagtes

“Ontvang hiermee julle politieke vryheid en alles sal vir julle daarby toegevoeg word.” Dit, min of meer was die woorde wat Kwame Nkruhma tydens Ghana se onafhanklikheidsvieringe gesê het, en het die oormatige verwagtinge wat Uhuru sou bring netjies onderstreep. Die misplaaste Uhuru-verwagtings het in Afrika al geleidelik soveel klappe van die werklikheid weg dat

Lees verder: Nie nou tyd vir Uhurugedagtes

Sexwale wil met boere praat

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en minister Tokyo Sexwale, minister van Huisvesting, het gister (17 Februarie 2010) gesprek gevoer oor minister Sexwale se uitlatings dat kommersiële boere wat van hulle werkers ontslae raak, die hoof oorsaak is van die groot plakkerskampe langs stede in Suid-Afrika. Tydens die gesprek

Lees verder: Sexwale wil met boere praat

Tiger Woods is selfsugtig sê Els

Die voormalige nr. 1-gholfspeler Ernie Els sê Tiger Woods is selfsugtig om sy mediakonferensie te laat saamval met ‘n groot toernooi. Woods sal na verwagting Vrydag sy eerste openbare verskyning maak sedert sy buite-egtelike verhoudings drie maande gelede aan die lig gekom het. Dít is op die derde dag van Accenture se Wêreldputjiespel-toernooi in Arizona.

Lees verder: Tiger Woods is selfsugtig sê Els

Wes-Kaap vaar swak met syfervaardighede

Volgens ‘n berig op IOL het slegs 17.4% van die Wes-Kaap se gr.6-leerders die vereiste syfervaardighede vir hul graadvlak en slegs 48.6% lees en skryf op die toepaslike vlak. Sowat 84 000 gr.6-leerders uit 1 046 skole is verlede jaar deur die departement van onderwys in die Wes-Kaap getoets. Die vorige assessering is in 2007

Lees verder: Wes-Kaap vaar swak met syfervaardighede

Brittanje dreig om bande met Mossad te breek

Ministers in Brittanje is woedend nadat Israelse Mossadagente klaarblyklik met gesteelde identiteite van Britse paspoorthouers gereis het om ‘n sluipmoord in Doebai te gaan pleeg. Dié land het gedreig om hulle inligtingsverhouding met Israel op te skort indien onomwonde bewyse vir die diefstal gevind word. ‘n Moordbende van die Mossad het glo vroeër vandeesmaand die

Lees verder: Brittanje dreig om bande met Mossad te breek

Skeltaal vir wittes

Ek was al self in die moeilikheid nadat ek Herman Charles Bosman se werke aan studente voorgelees het wat deurspek was van die k-woord. Die skelwoord vir witmense deur Sothosprekers is ‘lekgowa’, meervoud ‘makgowa’. Die spreker sal hom- of haarself nietemin dadelik verdedig as jy sê dis ‘n skelwoord.  Met my omswerwinge in beide die

Lees verder: Skeltaal vir wittes

Obama ontmoet Dalai Lama

Die Dalai Lama, geestelike leier van Tibet wat reeds 50 jaar in ballingskap in Indië woon, sal na verwagting dié week vir pres. Barack Obama ontmoet. Die vergadering sal handel oor die toestande in Tibet asook die verloop van gesprekke tussen die Dalai Lama se verteenwoordigers en Chinese owerhede. Die Obama-administrasie het benadruk dat die

Lees verder: Obama ontmoet Dalai Lama