Ernie wil nie oor Tiger praat nie

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Ernie Els het weggeskram van sy beskrywing van Tiger Woods as “selfsugtig”, maar steeds die uitwerking wat die Woods-skandale op die sport én sy spelers het, beklemtoon.

Els het op die vooraand van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi gesê sy uitlatings verlede maand was meer gemik op Woods se tydsberekening van sy openbare verskoning, wat op ‘n Vrydag tydens ‘n toernooi plaasgevind het, as na die kampioen self.

“Ek het net gevoel Vrydag was nie die regte dag nie,” het Els gesê. “Ons moes aan ‘n toernooi deelneem en miskien was dit ék wat selfsugtig was omdat ek eerder wou gholf speel in plaas van oor Tiger se privaat lewe gesels,” het hy gesê.

“Dit is moeilik vir ons om oor Tiger te praat in so tipe situasie,” het Els gesê.

“Ek wil graag vra dat joernaliste ophou om ons oor Tiger uit te vra. Dis sy lewe en ons het niks verder daaroor te sê nie, vra ons liewer uit oor voëltjies en baansyfers.”

tops online comАлександр Фильчаков

Tiger terug

Tiger Woods keer volgende maand terug na gholf in die Amerikaanse Meesterstoernooi op Augusta, het hy Dinsdag op sy webtuiste aangekondig.

Dié toernooi begin op 8 April.

“Die Meesters is waar ek my eerste groot toernooi gewen het en ek kyk met groot respek na die toernooi. Na ‘n lang, nodige tyd weg van die spel, voel ek reg om my seisoen op Augusta te begin,” het Woods gesê.

Die wêreld se voorste gholfspeler het in Desember aangekondig dat hy ‘n onbepaalde vakansie van dié sport gaan neem ná sy buite-egtelike verhoudings aan die lig gekom het.

“Ek het vir sowat twee maand terapie ondergaan en ek gaan voort met my behandeling. Hoewel ek weer begin speel, is daar nog baie wat ek in my persoonlike lewe moet doen,” het Woods gesê.

купить рубашку с коротким рукавом для мальчикаФільчаков Олександр Васильович

Tiger Woods is selfsugtig sê Els

Die voormalige nr. 1-gholfspeler Ernie Els sê Tiger Woods is selfsugtig om sy mediakonferensie te laat saamval met ‘n groot toernooi.

Woods sal na verwagting Vrydag sy eerste openbare verskyning maak sedert sy buite-egtelike verhoudings drie maande gelede aan die lig gekom het.

Dít is op die derde dag van Accenture se Wêreldputjiespel-toernooi in Arizona.

“Dit is selfsugtig,” het Els aan die tydskrif Golf Week gesê.

“Ek voel jammer vir die borg. Maandae is goeie dae om verklarings te maak, nie Vrydae nie. Dit neem baie weg van die toernooi.”

Die konsultantegroep Accenture was een van die eerste maatskappye om bande met Woods te verbreek ná sy buite-egtelike verhoudings onthul is.

“Dit was die eerste ding waaraan ons almal gedink het, dis asof hy Accenture wil terugkry – en dat die PGA-toernooi deel van alles is,” het ‘n anonieme gholfspeler aan die tydskrif gesê.

Mark Steinberg, Woods se agent, het aan Golf Week gesê hy het Accenture laat weet oor die konferensie wat 11:00 gehou word.

Steinberg het vroeër gesê Woods wil “die proses van versoening begin en dit is wat hy gaan bespreek”.

Hy het egter gesê dit is nie ‘n nuuskonferensie nie.

ресивер купитьОлександр Васильович Фільчаков

Tiger se vrou wil nie meer skei

Tiger Woods se vrou wil nie meer skei nie.

Dié besluit het gekom nadat sy die gholflegende by ‘n kliniek besoek het waar hy rehabilitasie vir seksverslawing ontvang, het RadarOnline.com Dinsdag berig.

Volgens die berig het Elin Nordegren vyf dae by die rehabilitasiesentrum deurgebring en deelgeneem aan Woods se terapie.

“Sy was gelukkig toe sy teruggekom het huis toe,” het ‘n bron aan RadarOnline.com gesê. “Dinge het goed afgeloop.”

Die berig is saamgestel deur people.com, wat ‘n vriend van Nordegren aangehaal het dat sy (Nordegren) hoop om haar huwelik te red omdat sy nie haar twee kinders sonder ‘n pa wil grootmaak nie.

“Elin wil ‘n stabiele gesinslewe hê,” het ‘n bron aan People gesê.

“Sy wil haar gesin bymekaar hou, selfs al bly sy en Tiger saam as vriende en nie as geliefdes nie.

online betting freeДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Pele berispe Woods

Die Brasiliaanse sokkerlegende, Pele, het Sondag gesê Woods is ‘n swak voorbeeld vir jongmense wat na hom opgekyk het.

“Ons is almal menslik. Ons het swakhede en kan op enige gegewe tydstip breekpunt bereik, het Pele gedurende ‘n radio-onderhoud gesê.

“Ongelukkig was dit  baie traumaties vir hom en sy familie. Hy het nie ‘n goeie voorbeeld gestel nie.”

Woods is sedert 27 November 2009 in die nuus, toe hy in ‘n motorongeluk buite sy huis in Florida betrokke was.

Ná die vreemde ongeluk, het ‘n seksskandaal rondom Woods se kop losgebars. Hy het later erken dat hy ontrou aan sy vrou was, en dat hy ‘n tydelike vakansie van gholf gaan neem.

 

игрушка для детей 1 годОлександр Фільчаков прокурор

Tiger Woods verloor kans op ‘n medalje

‘n Kaliforniese wetgewer het gister planne geskrap om ‘n kongresmedalje aan Tiger Woods toe te ken, vanweë die rits beweerde buite-egtelike verhoudings wat die wêreld se voorste gholfspeler konfronteer.

“In die lig van onlangse ontwikkelinge rondom Tiger Woods en sy gesin, sal ek nie wetgewing voortsit om die Kongres se Goue Medalje in hierdie sessie aan hom toe te ken nie,” het Joe Baca in ‘n verklaring gesê.

Die Demokratiese verteenwoordiger het wetgewing in Maart ingedien om Woods te vereer met die prestigeryk toekenning “vir diens aan die nasie in die bevordering van uitnemendheid en goeie sportmansgees, en in die afbreek van versperrings met grasie en waardigheid, deur te wys dat gholf ‘n spel vir alle mense is.”

Die Kongres se Goue Medalje en die Presidensiële Medalje van Vryheid is die hoogste burgerlike eerbewyse beskikbaar in die Verenigde State.

Woods se ondersteuning deur bewonderaars, borge en nou wetgewers het weggeval sedert hy gewikkel was in ‘n skandaal wat losgebars het na ‘n motorongeluk buite sy huis op die 27ste November.

Die eenmotorongeluk het ‘n ketting gebeure ontketen wat tot dusver ten minste 11 vroue daartoe gelei het om te beweer dat hulle verhoudings gehad het met die 33-jarige, wat 14 majeure gewen het en by verre die wêreld se nommer een gholfspeler is.

 

slots online for freeФильчаков прокуратура харьков