Wes-Kaap vaar swak met syfervaardighede

Volgens ‘n berig op IOL het slegs 17.4% van die Wes-Kaap se gr.6-leerders die vereiste syfervaardighede vir hul graadvlak en slegs 48.6% lees en skryf op die toepaslike vlak.

Sowat 84 000 gr.6-leerders uit 1 046 skole is verlede jaar deur die departement van onderwys in die Wes-Kaap getoets.

Die vorige assessering is in 2007 gedoen.

Donald Grant, provinsiale minister van onderwys, het dié uitslae Donderdagoggend bekend gemaak en het gesê hoewel die uitslae van syfervaardighede met 3.4% sedert 2007 verbeter het, is dit steeds “onaanvaarbaar laag”.

online slotлобановский александр