Dit was nog altyd vir my moeilik om vatplek te kry aan die konsep bekend as strukturele rassisme. Aanvanklik het ek gemeen dit gaan daaroor om jou vreemd en ontuis te voel. Ons almal gaan egter deur ervarings wat ons vreemd en na ‘n buitestander laat voel: Jou eerste skooldag. Jou eerste dag in die
Identiteitsbeweging beset Brandenburghek terwyl Merkel ver-Groen
Duitse lede van die Identiteitsbeweging het Berlyn se Brandenburghek vir etlike ure gekaap. Die protesbeweging het Saterdag ‘n banier vir “veilige grense” om Duitsland opgesit terwyl skares toeriste om die ikoniese monument gemaal het. Die polisie het gesê 15 mense is kortliks aangehou oor die protes en staar aanklagte van betreding, teistering en die verbreking
Lees verder: Identiteitsbeweging beset Brandenburghek terwyl Merkel ver-Groen
Tien vas oor hondegeveg
Tien mense is in Dobsonville in Soweto in hegtenis geneem nadat hulle by ‘n hondegeveg betrokke was, het Netwerk24 berig. Volgens die DBV se Spesiale Ondersoekeenheid is nege beseerde Amerikaanse veghonde tydens die klopjag gered. Die diere se eienaars het van die toneel van die hondegeveg gevlug, maar is later deur polisie in hegtenis geneem.
Moordsaak teen ANC-kandidaat uitgestel
Die saak teen die ANC-wykskandidaat wat teregstaan op die moorde op DA-raadslid Johannes Baaitjies van die Kgatelopele Munisipaliteit en sy kollega, is Maandag in die Postmasburg landdroshof tot 22 September uitgestel. Die Valke se Philani Nkwalase, sê Zoniselo Magawu sal dan in die Daniëlskuil-landdroshof amptelik om borgtog aansoek doen. Baaitjies en sy sakevennoot, Shuping Nosi,
Die vlieg in die vrugtebedryf se salf
Suid-Afrika is die tuiste van verskeie vrugtevliegspesies, waarvan drie van ekonomiese belang is as gevolg van hul vermoë om vrugteproduksie te ontwrig en uitvoerbeperkings te veroorsaak. Die drie spesies wat as ontwrigtend beskou word vir vrugteproduksie, is die Mediterreense vrugtevlieg (Ceratitis capitata); die maroelavrugtevlieg (Ceratitis cosyra) en die Natalse vrugtevlieg (Ceratitis rosa). Oesverliese en plaagbeheerkoste
Dept. van wetenskap en tegnologie bekyk Afrikahare en ‘verslappers’
Met die jongste rasseherrie rondom haarreëls by Pretoria Girls High wat teen swartes sou diskrimineer, het Suid-Afrika se departement van wetenskap en tegnologie gister ‘n hele konferensie oor Afrikahare en sogenaamde “haarverslappers” aangebied. Dit is middels waarmee swart vroue hul hare behandel om dit reguit soos Westerse hare te maak. Ander middels wat by die
Lees verder: Dept. van wetenskap en tegnologie bekyk Afrikahare en ‘verslappers’
Warm, droë weer is terug!
Sonskynweer met geen vooruitsigte op reën nie word vandeesweek in die sentrale deel van Suid-Afrika voorspel. Hoë dagtemperature in die grootste deel van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voor, met maksimum dagtemperature in die hoë twintigs. In dele van die Noord-Kaap en Noordwes sal die kwik selfs styg tot in die lae dertigs wat besonder
Boer wat homself wou verdedig van moord aangekla
Vier swart verdagtes tussen die ouderdomme van 26 en 40 is in hegtenis geneem nadat ‘n 70-jarige boer Maandag aangeval is in Brandfort. Maar die boer gaan ook van moord aangekla word omdat hy een van die aanvallers gedood het. Polisiewoordvoerder Ikobeng Hlubi, sê die boer is deur vyf verdagtes voorgekeer omstreeks 07:00 toe hy
Lees verder: Boer wat homself wou verdedig van moord aangekla
Lesufi se nuwe rasperd: Skoolmeisieshare by Pretoria Girls
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, wat laas ‘n kleuterskool in Centurion geïntimideer en verguis het omdat ‘n swart kind vir oomblikke alleen by ‘n tafeltjie gesit het, het nou sy mes in vir Pretoria Girls High, ‘n Engelstalige openbare skool in Pretoria. Blykbaar het van die swart leerlinge teen die haarreëls betoog
Lees verder: Lesufi se nuwe rasperd: Skoolmeisieshare by Pretoria Girls
Mugabe blameer VSA, Brittanje vir Vrydag se oproer
Die geweld wat Vrydag in Harare uitgebreek het, is die Weste se skuld, sê pres. Robert Mugabe. Hy het ook gewaarsku het dat hy nie ‘n “Arabiese Lente” in Zimbabwe sal duld nie. Die polisie het opposisie-ondersteuners by Freedom Square in die middestad met knuppels, traangas en waterkanonne uiteengejaag nadat oproeriges die naamborde vir Robert
Lees verder: Mugabe blameer VSA, Brittanje vir Vrydag se oproer
