Die geweld wat Vrydag in Harare uitgebreek het, is die Weste se skuld, sê pres. Robert Mugabe. Hy het ook gewaarsku het dat hy nie ‘n “Arabiese Lente” in Zimbabwe sal duld nie.
Die polisie het opposisie-ondersteuners by Freedom Square in die middestad met knuppels, traangas en waterkanonne uiteengejaag nadat oproeriges die naamborde vir Robert Mugabeweg afgeruk het.
Morgan Tsvangirai en Joice Mujuru, voormalige visepresident en leier van die opposisiegroep Zim-PF, het ook onder traangas deurgeloop.
Die Amerikaanse en Britse ambassades in Zimbabwe het hul “ernstige kommer” uitgespreek oor gebrek aan “vryheid van spraak”.
Mugabe het die Angelsaksers daarvan beskuldig dat hulle die oproeriges aanhits.
