Die tyd het aangebreek dat die Suid-Afrikaanse publiek moet besef dat hulle aan hul eie lot oorgelewer is wat hulle veiligheid betref. Die fout wat ons maak is om te dink dat die polisie en die staat ons tot hulp sal wees in hierdie anargie van misdaad. Dat die aanpassing vanaf ’n eens Eerstewêreldland na ’n totale Afrikastatuur moeilik is, is verklaarbaar maar ons sal moet wakker word en begryp dat elkeen homself sal moet beskerm totdat daar weer ’n Christen-owerheid in beheer is wat die verskil tussen reg en verkeerd verstaan, wat weet dat korrupsie en orde nie in een bestel saam kan bestaan nie, wat weer hierdie land sal kan opbou tot die selfstandige en korrupsievrye staat wat dit tot in 1966 was, en deur bekwaamheid weer die beskermheer vir die inwoners van Suid-Afrika sal wees.
Alexander Solsjinitsin, Nobelpryswenner van Rusland, beskryf onder meer ’n kommunistiese regering soos volg:
“Die staat verbied ’n burger in sy Strafkode om vuurwapens en ander wapens te besit, maar onderneem nie self om hom te beskerm nie. Die staat oorhandig sy burgers aan die mag van die rowers.”
Hy kon net sowel Suid-Afrika hier beskryf het. Ons moet daaruit finaal besef dat ons geen beskerming van die ANC-regime, die polisie of vanuit die verdraaide regstelsel sal ontvang nie. Daarom moet ons dringend leer om self elke oomblik paraat te wees. Wie dit nie doen nie, sal die prys daarvoor betaal.

Lees verder: Polisie en howe bied SA publiek nie meer beskerming