Myns insiens moet ons nog verder gaan: geen Afrikaner moet ’n TV-lisensie betaal nie. Al doen die regime wát, moet ons weier om TV-lisensies te betaal.
Die SAUK het ’n blote propagandamedium vir die ANC geword. Daar word deesdae soveel haatspraak teen Afrikaans en Afrikaners daaroor uitgesaai dat die omroepers van daardie organisasie reeds verdien om in Den Haag vir oorlogsmisdade verhoor te word. Die SAUK is besig met niks minder as aanhitsing tot volksmoord teen die Afrikaner nie, iets wat veral jaarliks rondom die datum 16 Junie voorkom. Die korrelasie tussen die anti-Afrikaanse aanhitsing op die SAUK en plaasaanvalle, asook huisaanvalle, is frappant. Telkens as die SAUK een van sy propagandaprogramme waarin die Afrikaner as boos en moorddadig uitgebeeld word, uitgesaai het, verhoog die aktiwiteit van die moordbendes daarbuite wat ons mense uitmoor en uit die land wil verdryf.
’n Ander aspek van die SAUK se veldtog teen Afrikaans, is die aftakeling van ons taal. Op programme soos “Sewende laan” word ’n geradbraakte Afrikaans wat met Engelse woorde deurspek is, gebruik in die soort omgekeerde taalbeplanning waarop ek reeds ’n jaar of twee gelede gewys het en wat daarop gemik is om Afrikaans se status te verlaag tot dié van ’n minderwaardige dialek of sosiolek.
Ook die omroeper Johan Botha het op sy jeugmusiekprogram ’n liederlike bargoens gebesig wat veronderstel was om ’n karikatuur te wees van hoe jongmense praat, maar gelukkig is hy blykbaar deur sy base wat hy so getrou gedien het, afgedank.
Die Afrikaner sal moet besef dat hy in ’n stryd om kulturele en fisieke oorlewing gewikkel is. Die SAUK is die nuwe “Radio Freedom” wat inwoners van Suid-Afrika aanhits tot aanvalle op Afrikaners en ons taal wil vertrap en verguis sodat Engels in die Engelse Kuba wat besig is om tot stand te kom, kan koning kraai. Engels is reeds lankal die enigste advertensietaal op die SAUK gemaak, wat beteken dat daar nie meer iets soos “Afrikaanse kyktyd” bestaan nie, want elke sogenaamde “Afrikaanse” program word deur hetsy Engelse reklame, hetsy Engelse programaankondigings, onderbreek.
Vandaar dus my oproep vandag aan elke Afrikaner wat nog oor enige selfrespek beskik om voortaan die SAUK te boikot en veral geen TV-lisensie te betaal nie. Ook moet ons op 24 September saam met Pretoria bly Pretoria beswaar aanteken teen die volgehoue gebruik van die gedrogtelike naam “Tshwane” vir ons ou hoofstad waar Paul Kruger se standbeeld steeds op Kerkplein staan. Ek is persoonlik lus om ’n ou TV-stel voor die SAUK-gebou te gaan stukkend gooi om uiting te gee aan die opgekropte woede wat ek ervaar elke keer as ek die SAUK se provokerende anti-Afrikaanse gemors moet aanskou as ek per ongeluk voor ’n TV kom.
Een van die dinge wat my veral die harnas injaag, is die ongelooflik swak uitspraak en taalgebruik van SAUK-TV- en radiojoernaliste wat nie eens die mees basiese Afrikaanse woorde korrek kan uitspreek nie! Sal enige ander volk ter wêreld so ’n belediging vir sy kultuurtaal en die norme wat met groot moeite oor jare tot stand gekom het, aanvaar? Ek meen van nee!
Ons boodskap aan die SAUK en die ANC-verdrukker wat dit beheer, moet wees: u wou die Afrikaner provokeer met die konstante ge-“tshwane” oor die eter. Wel, ons is nou geprovokeer. Ons is kwaad en van nou af aan gaan ons die regime met sy eie metodes aanvat.
Genoeg is genoeg!
Op ’n ander vlak moet ons egter besef dat die ANC inderdaad oorlog teen ons verklaar het en ons op die duur uit die land wil vedryf, net soos wat hul held, Robert Mugabe, alle blankes uit sy land verdryf het en al hul bates summier gekonfiskeer het. Die SAUK is bloot die propagandamedium wat die uiteindelike verdrywing of uitwissing van die Afrikanervolk moet aanhits en koördineer. Dit is veral ook daarop gemik om ons eie mense se moreel af te breek en hulle moedeloos te maak sodat die noodwendige opstand wat in Afrikanergeledere aan’t oplaai is, met min moeite onderdruk kan word. Laasgenoemde verteenwoordig die enigste rede waarom Afrikaans nog hoegenaamd op die SAUK gebruik word: om ons in ons eie taal – of ’n kwalik herkenbare vorm daarvan – te beledig en te demoraliseer.
24 September is “Erfenisdag”, ’n benaming wat kennelik uitgedink is om ons daaraan te herinner dat ons erfenis daagliks verguis en vernietig word. Op daardie dag met sy onwaarskynlike, Orwelliaanse naam, gaan daar hopelik duisende Afrikaners opdaag wat die ANC-propagandakommissaars van die SAUK gaan laat besef dat hul projek – die vernietiging van Afrikaans en Afrikaanse plekname – nie so maklik gaan slaag nie.
En al daag u nie op 24 September op nie, onthou asseblief: deur ’n TV-lisensie te betaal, finansier u nie net die volksmoordpropaganda teen ons wat die SAUK gereeld uitsaai nie, maar borg u ook die ondergang van die Afrikaanse taal, geskiedenis en plekname. Weier volstrek om enige finansiële bydrae tot die SAUK te maak.
Teken ons Petisie teen die gebruik van die naam Tshwane vir Pretoria !

IN WEERWIL van volgehoue protes en besware daarteen, volhard die SAUK met sy ge-“tshwane” op die kassie, sowel as oor die radio. Mnr. André Alkema van die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) het reeds 90 000 handtekeninge teen die gebruik van “Tshwane” deur die SAUK ingesamel en sy organisasie het ook R18 000 bewillig vir ’n protesveldtog teen dié uittartende miskenning van die wettige naam Pretoria deur die staatsuitsaaier (sien sy