ONS HET NOU genoeg gehad van die ANC-SABC se Tshwane-breinspoeling. Dié instansie is daarop uit om die Afrikaner se taal, godsdienssin, kultuur, geskiedenis en morele waardes te probeer vernietig en dit is duidelik te bespeur in hulle uitsendings en veral die Afrikaanse nuus op SABC2.
Teen daardie onreg moet ons in verset kom, nie net met woorde nie, maar ook met dade.
Ons moet ons afkeer duidelik demonstreer en dit is elkeen se plig om dit te doen, anders is ons net so aandadig aan hierdie vergrype.
Die Pretoria bly Pretoria-aksie het besluit om op “Erfenisdag” Maandag 24 September 2007 ons grootste misnoeë teen die SABC te gaan toon deur ’n verklaring by hulle kantore te oorhandig. Almal wat die versetskrif wat ons verlede jaar van stapel laat loop het teen die SABC en wat van plan is om dit nog te teken, is welkom om saam te kom.
Meer as 90 000 persone het reeds die versetskrif onderteken en Afriforum sal ’n verklaring uitreik wat dit bevestig.
Indien u ’n ou televisiestel het wat u nie meer wil gebruik nie, is u welkom om dit saam te bring sodat ons dit aan die SABC kan “skenk”. Dink ook asseblief aan geskikte slagspreuke wat gebruik kan word, sodat hierdie onreg teen die Afrikaner wêreldwyd bekend kan word.
Volledige inligting oor die betoging sal binnekort uitgereik word.
Persone wat belang stel en ook moontlik hulp kan aanbied, kan my kontak by 012 327 2329(bedags), 082 57 00184 of ajalkema@lantic.net.
Ons webwerf is www.pretoriablypretoria.co.za.
instagram sponsorship costАлександр Фильчаков