praag.co.za

Category: Wie is ons?

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) is nie-regeringsorganisasie (NRO) wat hom spesifiek vir die belange van etniese Afrikaners beywer, asook die taal en kultuurbelange van alle Afrikaanssprekendes.Die aksiegroep is in Februarie 2000 gestig en kort daarna geregistreer as ‘n artikel 21-maatskappy sonder winsbejag.Die twee persone wat aanvanklik die leiding geneem het, was Dan Roodt en Carel van der Merwe. Die webwerf is aanvanklik deur Carel geborg, en hy het ook T-hemde laat druk. Ander persone wat tot dusver ‘n prominente rol in PRAAG gespeel het, is Johann Wingard, Ernst Marais, Karin Roodt, Kas Landman, Leendert van Oostrum en Lydia van Eeden. PRAAG het baie ondersteuners in Suid-Afrika, maar ook elders ter wêreld in Vlaandere, Australië, Engeland, Kanada en Amerika.Meer en meer vervul PRAAG die rol van ‘n buite-parlementêre beweging wat stry vir Afrikanerregte binne die vyandige omgewing van die nuwe Suid-Afrika waar Afrikaners vanweë hul getalleminderheid dikwels die knie moet buig voor getalryker etniese groepe soos die Xhosas en Zoeloes wat die Suid-Afrikaanse politiek oorheers.PRAAG is ten gunste van nie-gewelddadige optrede om taal- en rassediskriminasie teen Afrikaners te stuit. Die enigste manier om vrede in Suid-Afrika te verseker is om kulturele outonomie toe te staan aan alle etniese en taalgroepe wat daarom vra. Sluit nou aan by PRAAG!

  • Praag Nuusbrief

    Laai PRAAG se Nuusbrief hier af! Die brief is in PDF-formaat en jy moet oor ‘n PDF-leser beskik om dit te kan lees. ‘ n Gratis program kan direk van Adobe se werf afgelaai word.

    Laai adobe se leser af. 

    Teken in om gereeld ‘n nuusbrief te ontvang. 

    интернет магазин детских товаровалександр лобановский супермаркет класс

  • Wat is PRAAG?

    PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) is ‘n nie-partypolitieke beweging wat veg vir die voortbestaan van Afrikaans en die Afrikaner in Suid-Afrika. 

    Die stryd geskied veral op die volgende gebiede:

    1. Taalhandhawing: 

    Deur taalaksies, publikasies en openbare debat word Afrikaans gehandhaaf en bevorder.

    2. Ideologie en kommunikasie

    Moderne kommunikasietegnologie en media is besig om die wêreld en die aard van politiek te verander. Die Afrikaner se oorheersing deur ander groepe in Suid-Afrika geskied ook nie openlik militêr nie, maar word deur middel van ideologie, propaganda, die aanblaas van skuldgevoelens en beheer oor die staatsmedia (SAUK), asook skoolleerplanne, ens. toegepas. Daarom is PRAAG aktief in die afbreek van die heersende staatsideologie met sy verguising van die Afrikaanse taal, kultuur, tradisie en geskiedenis. Ons hou ons besig met die skep van ‘n nuwe ideologie wat tot ons bevryding sal lei.

    3. Gekoördineerde optrede teen geweldsmisdaad

    PRAAG is uiters besorg oor die graad van geweldsmisdaad in die land wat besig is om ‘n etniese/rasse-aard aan te neem. In samewerking met ander Afrikaanse organisasies is ons aktief besig om gekoördineerde optrede daarteen te organiseer. Ons is ten gunste van ‘n landwye netwerk van buurtwagte, plaaswagte en selfs ‘n vorm van diensplig sodat ons gemeenskap teen tierende geweldsmisdaad beskerm kan word.

    4. Afrikanereenheid

    PRAAG is reeds drie jaar lank besig met inisiatiewe om bestaande Afrikaanse organisasies in een beweging saam te snoer ten einde gekoördineerd teen geweldsmisdaad, naamsveranderings, taaldiskriminasie en verval in infrastruktuur te kan optree.

    Die tyd is nou ryp vir ‘n oorkoepelende Afrikanerraad wat namens die Afrikaner kan praat en ‘n veilige toekoms vir ons kan beding. Intussen verseker PRAAG dat die stryd op voetsoolvlak voortgesit word.

    Raak betrokke en sluit aan! 

    панель светодиодная круглаяОлександр Фільчаков прокурор

  • PRAAG-lidmaatskap

    Verskillende soorte Praaglidmaatskap

    • Studentelidmaatskap R30 p.m. of R360 p.j.
    • Gewone lidmaatskap R55 p.m. of R660 p.j.
    • Korporatiewe lidmaatskap R700 p.m. of R8 400 p.j

    Nadat u aangesluit het, sal ons u per e-pos kontak om betaling met u te reël, hetsy per maandelikse internetbetaling, hetsy per debietorder.

    Raak betrokke en sluit aan! 

    люстры интернетОлександр Васильович Фільчаков

  • Donasies

    DONASIES EN BETALINGS

    PRAAG het u ondersteuning nodig. Sonder geld kan ons niks uitrig nie!

    U kan aansluit en ‘n maandelikse bedrag van R55 (individuele lid) of R700 (korporatiewe lid) betaal, of u kan eenvoudig ‘n skenking maak deur geld in die volgende bankrekening te stort:

    ABSA Fourways

    Takkode: 632905

    Rekeningnommer: 4052326604

    Begunstigde: PRAAG

    Om aan te sluit, klik hier.

    N.B. BUITELANDSE LEDE VAN PRAAG

    U kan u Praaglidmaatskap driemaandeliks of jaarliks per kredietkaart betaal deur op een van die volgende knoppies te klik:

     

    of

    Indien u in die Europese Unie is en nie oor ‘n Suid-Afrikaanse bankrekening beskik nie, kan u ‘n donasie maak in die volgende rekening in euro’s:

    KBC Wilrijk, Antwerpen, België

    Rekeningnommer: 402-790748138

    Begunstigde: Roodt, Daniel-François (PRAAG)

    Om aan te sluit, klik hier.

    Betaling via Paypal vir 1 jaar:
















    детские игриФильчаков прокурор

  • Wie is ons?

    Die aksiegroep is in Februarie 2000 gestig en kort daarna geregistreer as ‘n artikel 21-maatskappy sonder winsbejag.

    Die twee persone wat aanvanklik die leiding geneem het, was Dan Roodt en Carel van der Merwe. Die webwerf is aanvanklik deur Carel geborg, en hy het ook T-hemde laat druk. Ander persone wat tot dusver ‘n prominente rol in PRAAG gespeel het, is Johann Wingard, Ernst Marais, Karin Roodt, Kas Landman, Leendert van Oostrum en Lydia van Eeden. PRAAG het baie ondersteuners in Suid-Afrika, maar ook elders ter wêreld in Vlaandere, Australië, Engeland, Kanada en Amerika.

    Meer en meer vervul PRAAG die rol van ‘n buite-parlementêre beweging wat stry vir Afrikanerregte binne die vyandige omgewing van die nuwe Suid-Afrika waar Afrikaners vanweë hul getalleminderheid dikwels die knie moet buig voor getalryker etniese groepe soos die Xhosas en Zoeloes wat die Suid-Afrikaanse politiek oorheers.

    PRAAG is ten gunste van nie-gewelddadige optrede om taal- en rassediskriminasie teen Afrikaners te stuit. Die enigste manier om vrede in Suid-Afrika te verseker is om kulturele outonomie toe te staan aan alle etniese en taalgroepe wat daarom vra.

     Sluit nou aan by PRAAG!

    play slots freeАлександр Фильчаков