Die mooi weer sal jou nie beskadig omdat jy jou jas en sambreel verniet saamgeneem het nie. Daar is mense wat so uiters versigtig is dat hulle nie hulle versigtigheid verniet wil vermors nie. As die weer bewolk is wanneer hulle van die huis af gaan dan doen hulle meer moeite om op te kyk
In Australië…
{jathumbnail off} воздушный компрессор промышленныйданильченко юрий брониславович прокурор
Terreuraanval laat vermoedelik Russiese trein verongeluk
Minstens 39 mense is dood en sowat 100 is beseer toe ‘n Russiese passasierstrein Vrydagnag ontspoor het. Volgens regeringsamptenare het die Nevski Express in die Novgorod-area tydens ‘n reis tussen Moskou en St. Petersburg ontspoor. “Vyf en twintig mense is dood, 19 word vermis en ‘n verdere vier tot sewe mense is moontlik nog tussen
Lees verder: Terreuraanval laat vermoedelik Russiese trein verongeluk
Sierra Leone se olifante uitgewis
Wilddiewe in Sierra Leone het ‘n olifanttrop in die land se enigste natuurpark “uitgewis”, het dié park se bestuurders gesê, nadat die polisie ‘n groep van 10 wilddiewe vasgetrek het. “Dit is moontlik dat al die oloifante in die park uitgewis is,” het Ibrahim Bangura, senior superintendent van die ministerie van landbou se eenheid vir
Swapo se greep dalk verslap
Namibië se regerende party gaan moontlik sy greep op die land verslap sien met die uitdaging van ‘n wegbreekparty wat ook aan die verkiesing deelneem. Pres. Hifikepunye Pohamba was Vrydag van die eerste stemgeregdigdes wat sy kruisie getrek het. Pohamba se SWAPO-party het die nuwe opposisie verwerp en gesê die verkiesing sal ‘n oortuigende oorwinning
Zim-vliegtuig verongeluk in China
‘n Zimbabwiese vragvliegtuig wat op ‘n Chinese lughawe verongeluk het, het drie bemanningslede se lewens geëis. Volgens die Xinhua-nuusagentskap het Sjanghai se munisipale inligtingskantoor die drie ongevalle bevestig. Die kantoor het ook gesê een ander bemanningslid is ernstig beseer. ‘n Verdere drie het ligte beserings opgedoen. Die vliegtuig se stert het die grond getref terwyl
AB de Villiers kasty die Engelse
So omtrent twee jaar gelede, toe die gestryery oor sy aanwending op die hewigste was – was hy ‘n spesialiskolwer of ‘n kolwer/paaltjiewagter? – het AB de Villiers aangekondig dat hy nie weer die vangerhandskoene sal aantrek nie. Sy plan, sy vasberade doel, was om die “beste kolwer” in die wêreld te word. Hy is
Ek is ‘n rassis – en trots daarop!
Waarom word die woord so lewendig gehou? Wat is fout daarmee om ‘n rassis te wees, sou daar so iets werklik bestaan? In die vorige eeu was dit die kommies, toe apartheid en om een of ander onverklaarbare rede is rassisme nou weer die ding wat liberale wêreldwyd iets gee om oor te kibbel. As
Springbokke se grand finale
Die Springbokke het aan die begin van hierdie jaareindetoer rugby gespeel soos wat Ras Dumisani gesing het, maar hulle maak keel skoon om vandag hulle lang seisoen op ‘n hoë noot af te sluit, ‘n hoë-C, glinsterend en glorieryk soos Luciano Pavarotti s’n in “Ah mes amis” uit Donizetti se La fille du regiment. Net
Gr 11-vraestel het 58 foute
Die departement van onderwys, Tshwane-Noord, se Besigheidstudiesvraestel vir graad 11 was hierdie kwartaal deurtrek van die spelfoute – 58 van hulle. Daarbenewens het’n afdeling van vyf vrae waar die woorde wat onderstreep is, gekorrigeer moet word, geen woorde wat onderstreep is bevat nie! Wie is verantwoordelik vir so ‘n gemors? Daagliks moet ons lees en