Die departement van onderwys, Tshwane-Noord, se Besigheidstudiesvraestel vir graad 11 was hierdie kwartaal deurtrek van die spelfoute – 58 van hulle. Daarbenewens het’n afdeling van vyf vrae waar die woorde wat onderstreep is, gekorrigeer moet word, geen woorde wat onderstreep is bevat nie!
Wie is verantwoordelik vir so ‘n gemors?
Daagliks moet ons lees en hoor van skoolkinders wat nie behoorlik kan skryf of lees nie. Daar word gedurig statistieke voorgehou van kinders met swak vaardighede. Die probleem lê dan mos eintlik nie by die leerders nie, maar by die voorbeeld wat daar gestel word.
Duidelik is die departement van onderwys hopeloos. Opstellers behoort te sorg dat daar nie ‘n spelfout of verwronge woorde in die vraestel voorkom nie. Enige kind wat so vraestel moet skryf, voel seker lus om dit op te skeur.
